Tuesday 8 September 2015

God se stem







Vader,


Hoe ongelooflik dat  U luister en antwoord

wanneer klein mensekinders dit waag

om met ‘n almagtige God te kommunikeer; 

dat U vir óns tyd maak –

alhoewel ons so min tyd vir  U oorhet; 

dat U boonop ongeduldig wag

om ons genadig te wees. 

Ek bid dat U dit vir my elke dag

moontlik sal maak om u stem

duidelik met my te hoor praat. 

Help my om absoluut gehoorsaam te wees

aan daardie stem

deur  dié dinge te doen

wat U in u Woord van my vra. 

Ek kom bid ook dat U my sal help

om U te verheerlik met alles

wat ek doen, sê en skryf,

sodat my hele lewe ‘n helder antwoord

op u Woord sal wees.


Amen


Nina Smit  :  Elke dag ‘n vreugdepad





  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!






poppieoosthuizen  @  gmail.com


No comments: