Tuesday 22 September 2015

Lewe tot eer van God








Lewe tot eer van God


Ons het gelag en gesing.  Onder die nasies het hulle gesê:  “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.  Die Here hét groot dinge aan ons gedoen;  ons was bly.”  -  Psalm 126:2-3



Here,


U weë is inderdaad hoër as myne.
Met my menslike verstand
kan ek nie verstaan waarom U
sekere dinge toelaat om met my te gebeur nie.
Tog leer U my dat U ook
hierdie onverstaanbare dinge
tot u eer kan gebruik.


Here, gee dat hierdie swaarkry
dit moontlik sal maak
dat u groot krag in
my lewe geopenbaar sal word.


Help my om ook hierdie
moeilike omstandighede, wat my
vandag so magteloos en moedeloos laat,
so te verwerk en uit te werk,
dat ander mense na my sal kan kyk
en sien dat ek anders is en anders optree,
dat ek selfs in my swaarkry na U
kan kyk en van blydskap straal
omdat ek U ken en liefhet
en seker weet:  U sal my nooit
teleurstel in my verwagting nie.


Amen




Nina Smit : Veilig in God se hand

No comments: