Monday 29 February 2016

Jy is nie 'n fout nie

















Lê jou planne voor God se voete neer


Het jy alreeds jou toekoms vooruit beplan? Of weet jy nog nie wat jy met jou lewe wil doen nie? Moenie te veel daaroor dink nie. Jou toekos is in God se hande.


Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

Jeremia 29:11



Vicki Fourie : God  lief  my




Jesus se Dogterkind / Facebook

Gebroke maar gehoorsaam
















Jy is PRAGTIG -

Jy is uniek en

GOD se

MEESTERSTUK!




As jy 'n Bybel sien wat uitmekaar val





Dit is liefde in 'n neutedop








Die helderste liefdesverklaring

van alle tye lui:


God het die wêreld so liefgehad

dat Hy sy enigste Seun gegee het,

sodat dié wat in Hom glo,

nie verlore sal gaan nie

maar die ewige lewe sal hê.


Johannes 3:16



Dit is liefde in 'n neutedop.

Jesus die grootste optimis






JESUS  DIE  GROOTSTE  OPTIMIS


Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.  -  Kol. 1:27


JESUS was seker die grootste optimis wat die wêreld óóit geken het.  Wat was die grond van hierdie onblúsbare optimisme?  Die wêreld van Sy tyd was tog net so troebel soos die wêreld van vandag, en tóg het sy stralende Gees alle twyfel, alle lyding en alle gebrek oorkom.  Sy gehéím?  Hy het gewéét die koninkryk van God is *bínne-in* Hom, en as Christus het Hy geseëvier oor alles wat nié van hierdie koninkryk is nie.  En, wat méér is, Hy het gesê die koninkryk van God is ook binne-in óns, en alles wat Hý doen, kan óns óók doen!


Hy daag ons elke dag uit om híérdie waarheid ons éíe te maak, en soos Hý óórwinnend te leef, soos Hý pósitief te bly.  Om positief te hóóp op die heerlikheid, is om met ons gééstesoë te kyk, want *dán* sal ons sien dat daar deur *álles* wat gebeur ‘n grootse plan besig is om te ontvou – Góds plan om sy koninkryk ‘n wérklikheid te maak op híérdie aarde.


Pósitief soos Jésus bid ons, gló ons, en blý ons optimisties!


Gebed:  Laat daar Lig wees, Heer, laat *Ú* wil geskied ...




~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~




  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




Sunday 28 February 2016

!!! KOM ONS PLAAS WEER SUID AFRIKA IN VADER GOD SE HANDE !!!









!!! KOM  ONS  PLAAS  WEER SUID AFRIKA  IN VADER GOD  SE  HANDE !!!


Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie – van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie;  maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof.  -  Jes. 60:18


Ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê:  “Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees;  en God self sal by hulle wees as hulle God.  -  Openb. 21:3


Géén dors of honger sal ons kwel nie, géén son se hitte ons laat smag, en géén gevaar sal ons ontstel nie:  Die Lam hou *sélf* oor ons die wag.  Ja, in ons midde is *Sý* wóning, en wie getrou was vind belóning, en wie volhard het, éér en prýs.  En wie gekwyn en swaar gekry het hier op aarde, sal éwig bloei in heerlikheid daar in die hémelparadýs.


Here, skenk aan my en *álmal* met wie ek vandag in aanraking kom *Ú* vrede.  Vader ek bid vandag in die besonder vir kálmte en vréde oor ons land Suid-Afrika en oor die héle wêreld. Waar daar vure van haat hoog brand, blus *Ú* dit sélf, Here. Hou ons land se gebede léwendig en laat ons nie om die eerste draai van teleurstelling moed verloor  en ons gebede verwaarloos nie, want gebed  is ons gesprek met Ú, en waar U luister na ons versugtinge.  Verstérk ons geloof en ons getróúheid aan U Hemelse Heer.  In Jésus kosbare Naam.  Amen


(Lees  Jos 24:1-2, 13-18, 25-26 en Joh 1:19-28)



(Geneem uit Teksboek van die Morawiese Kerk in SA en aangepas)




Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook


Saturday 27 February 2016

My Lewensredder loop op water!









My LEWENSREDDER



sit nie op 'n strandstoel

en uitkyk oor die see nie.

Sy naam is J*E*S*U*S

en Hy loop op water!

Die branders en die wind

ken hom by sy NAAM

en wanneer Hy met hulle praat

gehoorsaam hulle HOM!




Jongman Vuurwarm vir JESUS / Facebook

'n Hoekie in die hemel








‘n Hoekie in die hemel



Engela begin een aand haar gebed só:


Liewe Here, kyk asseblief mooi na meneer Gouws daar in die hemel.


Meneer Gouws was ‘n vriend van Engela.  Hy is in die week oorlede.  Engela weet meneer Gouws is by Jesus in die hemel, maar sy wil nog steeds met God daaroor praat.

Engela doen toe nog iets:  Sy teken ‘n prentjie van meneer Gouws se hoekie in die hemel.  In die hemel sal ons alles hê wat ons nodig het.  Daarom teken Engela ‘n prentjie van hoe sy dink dit lyk waar meneer Gouws in die hemel woon.  In haar prentjie het meneer Gouws ‘n pragtige nuwe, groen grassnyer.  Hy het ook allerhande nuwe gereedskap.

Is iemand wat jy ken ook onlangs dood?  Teken dan ‘n prentjie van hulle hoekie in die hemel.

Om oor te bid:  Praat met Jesus oor vriende of familielede wat onlangs dood is.  Vertel vir Hom hoe jy voel.



Mary Manz Simon :  Ek en JESUS kuier saam



Jesus se Kindertjies / Facebook



En God sal al die trane vn hulle oë afdroog Openbaring 7 v 16 tot 17





Friday 26 February 2016

Troos








TROOS


En mag ons Here Jesus Christus self ... julle harte vertroos.  -  2 Thess. 2:16, 17 (OV)


Soms gebeur dit dat ons voor uitdagings te staan kom – álléén.  Niemand kan ons regtig help nie – nie ons fámilie  OF  vríénde kan vir ons die antwoorde gee waarna ons soek nie – miskien weet hulle nie éérs van ons stukkende hart of bang gemoed nie.  Ons staan alleen met ons probleem.  Hóé wonderlik is dit dán om te weet dat daar ÉÉN Persoon is wat ons kan bystaan en gereed staan met ope arms om ons te help!


Daar is Één wat *presies* weet wat ons nodig het en dit dan ook onvoorwaardelik vir ons gee as ons Hom diep in ons hart nader.  En hierdie Een?  Ons Here Jesus Christus sélf!  Hy wat met ons is élke oomblik van élke dag – Hý kan en sál ons troos:  Die sagte aanraking van Iemand wat weet van ons pyn – die vriendelike drukkie van iemand wat weet ons voel *só* bitter alleen, die bemoedigende glimlag wat sonder woorde vir ons sê – “Ek staan by jou.”  Dít is *hóé* ons troos – deur ánder omgee-mense.


Hulle is dan *dáár* vir ons, en versterk deur hulle Ligbring-liefde, wat deur hulle van ons dierbare Heer af kom, kan ons wéér opstaan en loop, en die wenpaal van die lewe bereik.


Gebed:  Ú liefde, Heer, vertroos my. Dankie-dankie-dankie!




~ Uit Daelikse Woord ~

  Tieners en Jeug vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



Hoe kom ek oor die weg met mense?








HOE  KOM  EK  OOR  DIE  WEG  MET  MENSE?


Leef in vrede met mekaar.  Beywer julle liewer altyd vir die belange van julle medegelowiges en van alle mense.  -  1 Thes. 5:13, 15


Hoe kom ek oor die weg met mense?  Hoe kom ek oor die weg met die mense wat die naaste aan my is, die mense wat ek vir die heel eerste keer ontmoet, die mense saam met wie ek werk, en met hulle wat dieselfde belangstellings as ek het?


Ons is dikwels bekommerd oor die toestand waarin ons land of die wêreld verkeer, ons is erg besorgd oor die optrede van groepe mense of van nasies en ons verlang na vrede in die wêreld, maar ons vind dit moeilik om oor die weg te kom met ons familie, met ons bure of met die man by die lessenaar langs ons.


Vrede begin in onsself.  Ons gebed vir wêreldvrede moet begin met ‘n gebed vir harmonie in ons eie gemoed en hart en lewe.  “Laat daar vrede op aarde wees en laat dit by my begin.”


As ons wat wandel in die lig – daar is miljoene van ons – sal toelaat dat vrede by ons begin, kan dit nie anders as om ‘n goeie uitwerking op die wêreld te hê nie.


Gebed:  Ek leef in vrede met die mense om my en doen my deel om vrede te bring in my land en ons wêreld.



~ Uit Daelikse Woord ~


  Vergifnis is ‘n Keuse / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



Thursday 25 February 2016

Vry









VRY


Julle sal die waarheid ken die waarheid sal julle vry maak.  -  Joh. 8:32


As ons die waarheid ken, sal dit ons vry maak.  Wat is hierdie waarheid dan?


Die waarheid is dat ons kinders – seuns en dogters van ‘n hemelse Vader is, wat wandel op ‘n helderverligte pad, met ons drie diamante as ons wapenrusting.


Vry van vrese is ons, want die helder Lig van die Vader is soos ‘n beskermende skild om ons.


Vry van enige wrywing of kwade gevoelens is ons, want die allesomvouende Liefde van die Seun bring liefde waar haat is, vergifnis waar wrewel is, deernis en begrip waar onmin dreig, en ons is heerlik vry!


En voor die Krag van die Heilige Gees wat ook ons krag is, kan géén negatiwiteit of dreigende gevare staande bly nie.


Vry en bly in die heerlike wonder van ons drie diamante kan ons soos die Arend deur die wolke sweef.


Gebed:  Heerlik vry is ek in die waarheid!




~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!


.

Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




Wednesday 24 February 2016

Ek sing!








EK  SING!


Loof die Here, o my siel!  -  Ps. 103:1  (OV)


VÁNDAG  is ek ‘n *wénner*, want niks wat nie van JÉSUS se Lig is kan staande bly voor die Alles-deurdringende Lig, Alles-omvouende Liefde, en Alles-oorkomende Krag van ons Alom-teenwoordige God en Vader van almal nie!


Jesus het gesê, “dis die Vader in My wat die werke doen.”  En – “alles wat Ek doen kan júlle ook doen,” want Hy het geweet die Vader *ín* Hom  is óók ín óns, en in sý Krag, kán ook ons!


Is dit nie genóég om oor te jubel en te juig nie?!  Is dit nie tyd dat ons Sý woorde aanvaar én die wonder daarvan *uitjubel* en sing nie?!  ‘n Lied sal in ons siél ontwaak, wat sal weerklink oor bérge en dále.  Dit sal ‘n lied van *líg* wees – élke noot hélder in die lig, strélend sag in die liefde en dáwerend luid in die krag van Vader God wat in ons hart woon!


En almal sal stil staan en *lúíster*, hul síél sal aangeraak word, die blydskap wat in ménseharte ontwaak, sal deur *níks* en *níémand* ooit weer uitgedoof kan word nie!  Almal sal saamsing tot eer en verheerliking van ‘n Almágtige God en Váder wat die aarde met sy éwige arms omhels.


Gebed:  Ek sing en die wêreld sing saam met my!




~ Daelikse Woord aangepas ~


  JESUS soetste soetste NAAM / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




Monday 22 February 2016

Jy is geliefd








JY  IS  GELIEFD


Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?  -  Eksodus 33:14 (Ou Vertaling)


Jy is *nóóit* alleen nie.  God is *áltyd* mét jou, dwarsdeur die dag is Hy met jou én in die aand is Hy óók met jou.  Of jy wakker is óf slaap, jy is áltyd in Sý sorgsame teenwoordigheid.


Ómdat God jou liefhet, kan jy *áltyd* geliefd voel.  Ómdat God jou liefhet, is jy ook in staat om *ánder* mense lief te hê.  Ómdat God jou liefhet, is jou hart vol vreugde en kan jy ‘n *lóflied* sing.


Ómdat jy ‘n *kind* van God is, ly jy géén geestelike gebrek nie en word jy nie vasgehou deur die verlede nie.  Jy kan rustig voortgaan op die pad wat vir jou bestem is deur God ons Vader, gevul met *Sý* versekering en met die seker wete dat jy elke oomblik besig is om te leer en te groei in Hom.


Ómdat God mét jou is, en omdat Hy *jóú* liefhet, is jy belángrik en nódig.  Jy is *úniek* en wónderlik. 


Ómdat God mét jou is, het jy báie om aan andere te gee.  Ómdat Hy jou *líéfhet*, is jy vandag geseënd en sal jy aanhoudend op verwagte én onverwagte maniere geseën word in die toekoms.


Gebed:  Ek is *nóóit* alleen nie.  God is áltyd *róndom* my!



~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~


  Jesus se Dogterkind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





Friday 19 February 2016

Leun op My








LEUN  OP  MY 


Kom na My toe ... Ek sal julle rus gee.  -  Matt. 11:28


Die boodskap wat Ek vandag vir julle wil gee – wat julle in julle hart moet inbrand en as stok en staf moet gebruik, is, ‘Leun op My’, want as julle *dít* doen, sal Mý krag julle dra, My liéfde julle vertroos en My líg julle lei, élke oomblik van élke dag.


En as julle op Mý leun, as julle My liefde óók die liefde in júlle hart maak, is Ek in staat om ánder *déúr* julle seën?  Kyk óm julle, en seën jul medemens met *krág* wanneer hulle gebroke langs die pad sit;  met *líéfde* indien hulle éénsaam en van God en mens verlate voel, en met *líg* indien hulle die pad byster geraak het, tótaal verlore in die rigtinglose paaie van ‘n lewe sonder lig.  *Lig, liefde en krag*, die drie diamante wat Ek julle gegee het – *gebrúík* dit.  Wees ‘n *seën* in vandag se liefdelose lewe, en júlle sal geseënd wees!


Geliefde, *onthóú*, dis Ék en jý – dis die vréémdeling langs die pad, dis die sóékende siel.  Dis die verwárde mens.  Dis die getéísterde land en deurmekáár wêreld wat *jóú* gebede en hulp *só* bitter nodig het.  Jý kan!  Leun net op Mý.  My *líéfde* is genoeg vir jóú en álmal om jou!


Gebed:  Ek wil, Heer!  Ek leun nou op U!





~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com