Thursday 4 February 2016

DIE OOP PAD









DIE  OOP  PAD


Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig.  -  Spreuke 4:18


Hoe heerlik die pad wat nou oop is voor jou en my!  Dis ‘n stralende Ligpad – dis ‘n deernisvolle Liefdespad – daar is ‘n Krag wat onwankelbaar staan en al hoe sterker word op hierdie pad, want dit is die pad direk na Gód toe!  Mense *sing* op hierdie pad, mense *vat hande* op hierdie pad, mense *pluk blomme* van liefde vir mekaar op hierdie pad!


Dit is blomme-pad, dis die dankie-sê blomme wat ons elke dag skenk aan ons dierbare Heer en Meester, wat die hele pad saam met ons gestap het en nog steeds stap!  Só naby is Hy aan ons in ons tyd van nood, so *sag en teer* in ons tyd van beproewing, so *sterk en fier* deur die gróótste beproewings wat ons mag deurgaan.


Dánkie, dankie, Here Jesus Christus, vir elke dag waarin ons met gebed kan voortgaan op Ú pad van vrede.  Dánkie vir die wonder van  Ú seun, Angus Buchan, met wie ons ‘n pad kan saamstap in gebed en geloof.  Dankie vir die wonder van hierdie man wat met sy geloof ons land Suid-Afrika omskep in ‘n land van gelowige krygers van die Lig, en dankie dat ons, wat ‘n leërskare van miljoene geword het, kan *bid en glo* totdat ons pad van dag tot dag *soos helder  oggendlig* oor ons skyn!


Gebed:  Dankie Vader, vir  Ú helder,  wonder-oggendlig!




~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com






No comments: