Friday 26 February 2016

Troos








TROOS


En mag ons Here Jesus Christus self ... julle harte vertroos.  -  2 Thess. 2:16, 17 (OV)


Soms gebeur dit dat ons voor uitdagings te staan kom – álléén.  Niemand kan ons regtig help nie – nie ons fámilie  OF  vríénde kan vir ons die antwoorde gee waarna ons soek nie – miskien weet hulle nie éérs van ons stukkende hart of bang gemoed nie.  Ons staan alleen met ons probleem.  Hóé wonderlik is dit dán om te weet dat daar ÉÉN Persoon is wat ons kan bystaan en gereed staan met ope arms om ons te help!


Daar is Één wat *presies* weet wat ons nodig het en dit dan ook onvoorwaardelik vir ons gee as ons Hom diep in ons hart nader.  En hierdie Een?  Ons Here Jesus Christus sélf!  Hy wat met ons is élke oomblik van élke dag – Hý kan en sál ons troos:  Die sagte aanraking van Iemand wat weet van ons pyn – die vriendelike drukkie van iemand wat weet ons voel *só* bitter alleen, die bemoedigende glimlag wat sonder woorde vir ons sê – “Ek staan by jou.”  Dít is *hóé* ons troos – deur ánder omgee-mense.


Hulle is dan *dáár* vir ons, en versterk deur hulle Ligbring-liefde, wat deur hulle van ons dierbare Heer af kom, kan ons wéér opstaan en loop, en die wenpaal van die lewe bereik.


Gebed:  Ú liefde, Heer, vertroos my. Dankie-dankie-dankie!




~ Uit Daelikse Woord ~

  Tieners en Jeug vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



No comments: