Thursday 25 February 2016

Vry









VRY


Julle sal die waarheid ken die waarheid sal julle vry maak.  -  Joh. 8:32


As ons die waarheid ken, sal dit ons vry maak.  Wat is hierdie waarheid dan?


Die waarheid is dat ons kinders – seuns en dogters van ‘n hemelse Vader is, wat wandel op ‘n helderverligte pad, met ons drie diamante as ons wapenrusting.


Vry van vrese is ons, want die helder Lig van die Vader is soos ‘n beskermende skild om ons.


Vry van enige wrywing of kwade gevoelens is ons, want die allesomvouende Liefde van die Seun bring liefde waar haat is, vergifnis waar wrewel is, deernis en begrip waar onmin dreig, en ons is heerlik vry!


En voor die Krag van die Heilige Gees wat ook ons krag is, kan géén negatiwiteit of dreigende gevare staande bly nie.


Vry en bly in die heerlike wonder van ons drie diamante kan ons soos die Arend deur die wolke sweef.


Gebed:  Heerlik vry is ek in die waarheid!




~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!


.

Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




No comments: