Tuesday 6 June 2017

Mamma

My liefste kinders,

Al is ek party dae haastig
Soms bietjie kwaai
Wil ek hê julle moet weet
Ek het julle liewer as wat julle ooit kan raai
~~
Julle is belangrik, geliefd,
Onbeheersd en sonder weerga
Die hele nag en dag
Die hartseer tye,
En veral as julle lag
~~
Julle is die belangrikste mense in my lewe
My hart se punt
NIKS kan my liefde vir julle stop of keer
Oneindig en sonder ophou
Ek sê dit weer en weer
~~
Mamma hoop dat julle gelukkig is
Gelukkig sal wees
Dat ons ‘n goeie verhouding sal hê
Met geen geheime vir mekaar nie
Dat julle vir my enige iets kan sê
~~
Ek bid vir julle toe
Liefde
Sukses in jul lewens-pad
Lewe in oorvloed
En ‘n omgee-hart
~~
Ek weet julle moet self die lewe lewe
Julle lewe, nie myne nie
Ek sal met liefhê-woorde probeer lei,
Sodat julle elke spoor selfstandig kan trap,
En probeer om julle vir die lewe voor te berei
~~
Onthou altyd
Mamma is maar net ‘n mens
Met foute, al probeer ek hoé hard
Julle is altyd die belangrikste vir my
En ek doen my bes, alles met liefde in my hart!

Met al my liefde,
Julle Mamma

(Skrywer Onbekend aan my)

https://www.facebook.com/mammamummy/photos/a.1911656785786125.1073741828.1911619695789834/1922399008045236/?type=3&theater