Friday 27 April 2012





Ek moes my ou hondjie vanmiddag laat slapies maak het. Vanoggend het sy allervreesliks begin opgooi. Ek kon dit nie gestop kry nie, alles het uitgekom aanmekaar tot die valoid naarpil. Ek het vanoggend gebel vir die veearts en hy sê toe ek moet kyk hoe dit deur die dag gaan en haar ligte kossies ingee en water. Maar ek het nie eens daarby gekom nie want selfs die watertjies het alles net uitgekom. Sy het later so gehyg na asem en haar hele ou liggaampie het gebewe. Tog het sy so naby moontlik aan my gebly. Ek het haar net gevryf en gevryf. 

Vanmiddag bel ek toe die veearts en sê sy versleg. Toe hy haar ondersoek, sê hy dat sy baie pyn het en dat die kanker versprei het. Tot in haar ou neusie ook, dit het sommer aan die bloei geraak en sy het ook nuwe kanker knop voor haar borsie. Dr sê die een melkkliertjie is ook aangetas. 

Ek is so moeg en so hartseer en so bitterlik alleen. Die huis is so leeg sonder haar en my hande so leeg. Sy het anders as ander kere so doodstil en gelate in die motor gesit toe ons veearts toe ry, maar tog nog geblaf vir honde langs die motor toe ek afgetrek het om dr te bel en te sê dat ons al in die dorp is. Ander kere het sy altyd nog haar ou hondekoppie by die venster uitgesteek. 

Nou het ek nie meer rede om op te staan in die oggend nie. Na my man dood is, was sy daar vir wie ek moes opstaan. Nou het ek heeltemal niks. Ons lewens was so inmekaar en deurmekaar gevleg. Ek kan my nie 'n lewe voorstel sonder haar nie. Sy het nog vir oulaas vanoggend gestukkel om op haar mamma se bedjie te klim. Sy kon nie en toe het ek haar maar opgetel en geliefkoos, maar sy moes baie pyn gehad het want sy kon nie stil lê nie. 

Toe ek regmaak om vanmiddag veearts toe te gaan, toe kom sy swak-swak nog agter my aan. Toe ek haar in die motor tel, sit sy daar net gelate in plaas van die vrolike geblaf soos ander kere as ek haar saamneem as ons motor ry. Dokter sê toe hy haar 6 weke gelede die blaasoperasie gedoen het, het hy nie gedink dat sy nog so lank sou leef nie. 

Ek is so dankbaar dat die Here hierdie 6 weke vir ons saam gegun het om voluit te kan leef en maatjies wees en wat ek my alles vir haar kon gegee het en niks terughou het nie. Sy is begrawe in my tuintjie tussen al haar kombersies en ek sal daardie plekkie die mooiste hoekie in my tuintjie maak. 

Vroeër in die week toe sy so baie, baie siek was en ek nie meer geweet het wat om te doen nie, het ek magteloos vir die Here gebid en vir hom gesê dat dit sy ou hondjie is en dat sy net geleen was vir my om na haar te kyk en dat Hy nou na haar moet kyk, want ek weet nie meer wat om te doen of wat om haar te gee nie (sy het begin om haar noodsaaklike kossies vir haar behoud teen kanker en veral al haar medikasies te weier om in te neem). Ek het hom gevra om haar tog maar saggies as dit Sy wil is te laat gaan want ek wil haar nie laat ly nie. Ek was so moeg daardie aand. Ek het wakker geword die volgende oggend en sy was nog twee daggies vir my gegun. 

Sy is nie slapies gemaak in die ondersoekkamer nie. Dr het dit buitekant in die oopte op die gras gedoen - ek was so dankbaar daaroor. Dit was soort van genadiger op 'n manier. Tog voel ek skuldig en aandadig aan haar dood. Ek voel ook so hartseer en skuldig omdat ek vanoggend 'n naarpil in haar bekkie moes sit. Dit was nooit nodig om te sukkel met haar om pille of medisyne in te neem nie. Sy was so 'n maklike ou hondekindjie van my.






KRAG


Die Here is my krag en my beskerming. - Ps. 118:14


Binne-in my skuil daar 'n krag wat groter is as enigiets om my - dit is die krag van my eie inwonende Heilige Gees, die krag wat ek vind in gebed - die grenslose krag wat kom van my diepste heiligdom, waaruit ek kan put en put en nogmaals put.

Hierdie krag kom van God - dit is die krag waarin ek lewe, beweeg en bestaan. Hoe fel die aanslae teen my ookal mag wees - hoe groot die krisis, ek beskik oor die nodige krag om staande te bly en aan te gaan met my lewe. Nooit staan ek alleen nie, want aan my sy staan Hy wat my al die krag gee wat ek ooit mag nodig kry. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee, en ons sê dankie daarvoor.

Dankie Heer, vir U krag so mildelik tot my beskikking. Dankie dat ek dit altyd kan gebruik, waar nodig, wanneer nodig, soos nodig. Dankie dat ek in U krag 'n wenner kan wees.


Gebed: Dankie Heer, vir die krag van U Heilige Gees in my!


~ Uit Daelikse Woord ~




Thursday 26 April 2012






WARE VISIE


Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het:  Hy noem ons kinders van God en ons is dit ook.   -   1 Joh.  3:1


Wanneer  somber, negatiewe gedagtes vol vrese en kommer, ‘n donker wolk oor my visie gooi, gaan ek my binneste heiligdom binne, en daar verdwyn die wolk in die helder stralende lig van my Heer.  Daar word die visie wat ek van myself  het weer helder, en ek sien die lig!  Ek weet wie en wat ek werklik is, naamlik ‘n kind van God.  ‘n Gelukkige geestelike wese, oorlaai met die rykdomme van sy koninkryk.

As ek geneig is om myself te sien as siek en swak, verwyder ek nou die wolk wat oor my hang, en sien myself vol lewe en energie.  Gesondheid is myne!

As die nuus oor die radio, televisie en in die koerante my bedruk maak, wend ek my tot die waarheid dat God in bevel is.  Ek sien die wêreld ten volle onder sy beheer, en ek weet wat die rol is wat ek vandag daarin moet speel.  Vrede is myne!

Een vir een verwyder ek die wolke, en ek sien die ware visie van wie en wat ek is – ‘n kind van God!  Geluk is myne!


Gebed:  My visie is waar – ek is ‘n kind van God!


~ Uit Daelikse Woord ~


Wednesday 25 April 2012





BESKERMD


Want U, Here, is my toevlug.  Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.  Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;  want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.  Ps. 91:9-11  (OV)


Ek weet U is met my Heer, waar ek ookal mag woon of werk of ry – U is altyd daar.  Nooit kan ek wees waar U nie is nie, en geen onheil sal my tref nie.

Soms is ek geneig om bekommerd te raak – soms voel ek onveilig, maar dan dink ek net aan U, en omdat U so na aan my is – net een gedagte, een gebed ver – kom daar rus in my gemoed.  ‘n Diep hemelse rus wat vrede bring, en waar vrede heers, verdwyn alle stres en kommer, en liefde neem weer oor.  Positief en goedgesind benader ek my naaste, en geen onheil kan my tref nie.

Dankie, Heer, vir die voorreg om U te ken soos ons U ken, want hoe anders sal ons staande kon bly in hierdie gevaarlike wêreld waarin ons vandag leef -  hoe sou ons nog die skone en die mooie kon geniet?  Maar nou weet ons – U is nog in bevel, en alles is wel.  Dankie dat ons so saam kan bid, Heer.  Dankie vir U engele altyd daar vir ons, en vir ons geliefdes.


Gebed:  Die Allerhoogste is my beskutting.


~ Uit Daelikse Woord ~




Tuesday 17 April 2012





VRIENDINNE DIS VIR JULLE:


Onthou 'n vrou het krag wat mans verstom.

Sy kan probleme hanteer en swaar laste dra.

Sy is die draer van geluk, liefde en opinies.

Sy glimlag as sy eintlik wil skree, sing as sy wil huil,

huil as sy gelukkig is en lag as sy bang is.

Sy veg vir dit waarin sy glo, neem standpunt in teen

onreg. ...

Daar is net EEN ding verkeerd met haar.

Sy vergeet soms wat sy werd is.

Moet NOOIT vergeet wat jy werd is nie.

Jy is GOD se oogappel, goud werd, baie spesiaal en

daar is IEMAND wat nooit weer dieselfde sal wees

sonder jou nie.


Geseënde week vir elke vriendin! ♥







KOMMUNIKASIE


Voor hulle roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor.   -  Jes.  65:24


Om met iemand oor die telefoon in verbinding te tree, kan soms uiters frustrerend wees.  Die foon mag beset wees, ‘n bandmasjien kan antwoord of ons word aangesê om te wag.

Om met God in verbinding te tree, is egter iets heeltemal anders.  Ons kan enige tyd, op enige plek, direk met Hom in verbinding tree.  Slegs een gebed ver is Hy.

Ons gebede elke dag, hou die lyn tussen ons en ons Heer oop.  Dit help ons ook om ons gedagtes positief en God-gerig te hou en ons op Sy pad van lig.

Sodra ons rusteloos raak of as kommer ons welsyn bedreig, moet ons net stil word en ons diepste heiligdom betree waar Hy woon.  Daar sal ons opnuut verseker word dat God in elke behoefte van ons voorsien, elke verlange stil en alle kommer uitwis.


Gebed:  Die lyn tussen my en God is altyd oop.


~ Uit Daelikse Woord ~




Monday 16 April 2012





ALTYD BY MY


En onthou:  Ek is by julle al die dae.  -  Matt. 28:20


Altyd by my!  Hierdie besef en hierdie versekering bevry my van vrees.  Gods liefde omring en omvou my soos ‘n mantel van beskerming.  Hy is by my waar ek ookal is en in watter situasie ek my ook al mag bevind.

Altyd by my!  My Heer is altyd by my.  Ek is altyd by Hom.  Omdat ek dit weet, kan ek die lewe vol selfvertroue tegemoetgaan.  Wanneer daar van my verwag word om my op uitdagende en gevaarlike weë te begeef, tree ek moedig en dapper op.

Altyd by my!  Ek voel Sy teenwoordigheid as liefde, as lig, as krag, as ‘n gevoel van vrede en gerusstelling.

Altyd by my!  Daar is niks te vrees nie want my Heer is hier en daar en oral by my.


Gebed:  My Heer is altyd by my!


~ Uit Daelikse Woord ~








WEES DANKBAAR


Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.  -  Ef. 5:20


Dankbaarheid is ‘n Christelike deug wat aan ons lewe ‘n besonderse kwaliteit  verleen.  Elke kind van God het ‘n oorvloed van redes om dankbaar te wees.

Die geheim van dankbaar wees, is om dankbaar te lewe.

In dankbaarheid teenoor God vir die gawe van die lewe, moet jy die lewe positief en oorwinnend benut.

In dankbaarheid vir jou geleenthede, moet jy hulle gebruik as uitdagings tot sukses in God se diens.

In dankbaarheid vir jou geluk, moet jy daarna streef om ander gelukkig te maak.

Vir die skoonheid van God se skepping, moet jy in dankbaarheid probeer om die wêreld rondom jou te verryk.

Vir gesondheid en krag, moet  jy jou dankbaarheid toon deur jou liggaam op te pas en dit in diens van God en jou medemens te gebruik.

Voeg dan by jou gebede van dankbaarheid altyd ‘n lewe van dankbaarheid.


Skepper-God, maak my hele lewe ‘n toegewyde daad van dankbaarheid vir al u liefde en genade wat ek ontvang.  Help my om altyd ‘n lewe van dankbaarheid te lei.



In dankbaarheid vir die seëninge wat jy ontvang, moet jy die een of ander offerande in jou lewe ter wille van ander bring. – Albert Schweitzer.


~ Uit Op vlerke van geloof deur Solly Ozrovech ~

Sunday 15 April 2012





‘N OOP DEUR


Kyk,  Ek het ‘n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie.   -  Openb. 3:8


‘n Oop deur is ‘n simbool van vrye toegang.  Laat ons dan die bostaande teks ons eie maak, en onthou dat waar ons ookal mag gaan of wat ons ookal mag doen, die deur tot leiding en inspirasie van Bo staan vir ons wawyd oop.

So ook staan die deur tot ons hart wawyd oop vir ons.  Wanneer ons oor die drumpel van hierdie deur stap, laat ons die geharwar van die daaglikse lewe agter.  In stilte kommunikeer ons met Hom wat daar woon, ons eie inwonende Christus, en ons word met nuwe moed en ywer gevul.

Onder Sy inspirasie weet ons wat ons te doen staan, en ons doen dit ook.  Hy gee ons die nodige moed en durf, en openbaar ook aan ons hoe en wat ons moet doen.  Hierdie leiding kan ook kom in die vorm van ‘n sekere wete diep in ons harte, of net ‘n gevoel van oortuiging wat ons bybly waar ons ons ookal mag bevind.

Ons bewandel ‘n pad van lig, en die inspirasie wat kom van Christus, hou ons voete stewig op hierdie helderverligte pad.


Gebed:  Ek bewandel ‘n pad van lig.


~ Uit Daelikse Woord ~








BID VIR ANDER


As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry. Matt. 18:19


 Ongeag die omstandighede waarin andere hulle mag bevind of hoe ver hulle van my af is, daar is iets wat ek altyd vir hulle kan doen - ek kan vir hulle bid.

Net hier waar ek nou is, kan ek in die krag van my eie inwonende Heer, 'n kragtige gebed van lig vir hulle opstuur. Geen uitdaging is te groot vir gebed om te oorkom nie.

Vir andere is my bevestiging die volgende: Gods lig lei jou, Sy liefde omvou jou en Sy krag maak jou sterk en gesond.

Vir kinders wat gereeld skool toe gaan en terug moet ry en vir volwassenes op reis, is my gebed die volgende: Jy is veilig en beskermd in die lig van God wat altyd in jou en om jou skyn.

As ek hoor van mense wat deur 'n tyd van beproewing gaan, is my gebed vir hulle die volgende: In die liefde van God is jy toegevou - Hy sorg vir jou en sal jou nooit begewe of verlaat nie.


Gebed: Heer, maak my gebede vir andere kragtig in U lig en liefde.


~ Uit Daelikse Woord ~





Saturday 14 April 2012





BESKERMING


En die Here jou God sal jou bring in die land wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit in besit neem; en Hy sal aan jou goed doen en jou vermenigvuldig meer as jou vaders. 
Deut. 31:6 OV


Jesus het geweet dat Hy ten alle tye veilig onder die beskerming van God was. In Sy handel en Sy wandel, in alles wat Hy gedoen het, was Hy altyd een met God, een met Sy lig, Sy liefde en krag, en niks en niemand kon daardie band tussen Hom en God verbreek nie

Net so kan ons ook staatmaak op die beskerming van ons Heer.  Die Prins van liefde het Sy intrek geneem in ons harte, en as ons ons  dag aan Hom wy in ons stil tye van gebed, kan ons seker daarvan wees dat Hy oor ons en ons geliefdes waak, waar ons ookal mag wees of wat ons ookal mag doen.

Hoe meer ons in ons gebede onsself en ons geliefdes in Gods lig plaas, hoe meer besef ons dat daardie lig werklik in ons en om ons skyn. 'n Lig wat beskerm, 'n helder, stralende lig wat enige negatiwiteit wat ons probeer aanval, vernietig nog voordat ons eers daarvan bewus is.


Gebed: In die lig van ons Hemelvader is ons veilig!


~ Uit Daelikse Woord ~








OMGEE VIR ANDER


Ons moet mekaar liefhê.  -  1 Joh. 3:11


Vriendskap en deernis teenoor ons medemens is iets wat uit ons innerlike geestelike aard voortkom.  Dit is hoe ons uitdrukking geen aan die liefde van Christus in ons.

God is lief vir al Sy kinders.  Niemand is beter of minder belangrik as ‘n ander nie.  As ons met hierdie gedagte ons medemens benader is dit vir ons moontlik om met meer liefde teenoor hulle op te tree.

As ons waarlik omgee, gee ons van onsself sonder om eers daaraan te dink of die persone wat dit ontvang, dit verdien. Ons gee om vir ons medemens omdat die liefde van Christus in ons harte heers. Ons doen alles wat ons kan om andere op die paaie wat hulle gekies het, te help.

In hierdie strewe om liefdevol te wees teenoor ons medemens, help God ons.  Ons hoef net gereeld onsself in Sy hande te plaas wanneer ons bid en Hy sal ons as instrumente gebruik om die goeie om ons te laat seëvier.  In ons harte en in ons denke saai Hy die saadjies van liefde wat uiteindelik ‘n ryke oes van vrede sal lewer.


Gebed:  Dankie Heer, vir U liefde in my hart.


~ Uit Daelikse Woord ~




Wednesday 11 April 2012





KYK OP


Kyk op na die berge.  – Ps. 121:1


Dankie Vader, dat U aan my die geestelike visie gee wat alle dinge sien soos U dit sien, die visie wat alles sien in die lig van U waarheid. 

Ek kyk op na die berge en ek sien alle dinge as deel van U skepping.  Daarom is dit ook goed.

Ek kyk deur swakheid na die blywende krag en stamina van die Gees.

Ek kyk deur die voorkoms van dinge na die onderliggende volmaaktheid. 

Ek kyk deur moeilikhede na U krag wat altyd aan die werk is.

Ek kyk deur oponthoude en terugslae na die sekerheid van vervulling.

Ek kyk deur die behoefte na die vervulling daarvan, hier en nou.

Ek kyk deur die persoonlike self na die onoorwinlike, heerlike geestelike self in my en in hulle vir wie ek bid.

Ek kyk op na die berge en ek sien alles in die lig van die waarheid.


Gebed:  Ek kyk op na die berge en ek sien alles in die lig van die waarheid.


~ Uit Daelikse Woord ~




Monday 9 April 2012





I am Love

In times of darkness, I will be your light.

In times of sadness, I will be your joy.

In times of struggle, I will be your deliverance.

In times of weakness, I will be your strength.

In times of question, I will be your answer.

In times of doubt, I will be faith unto you.—And more important than any of this, I am love to you. I love you and I forgive you.

So do not be discouraged or disheartened. Do not look back. Do not be remorseful over the mistakes and sins of the past, for the past is the past.

I have covered those mistakes and sins, and that which was scarlet shall be made white as snow. As far as the east is from the west, so far have I removed your sins from you.

In the very moment that you seek My forgiveness, in the very instant that you call out to Me, I immediately grant My forgiveness, and there is no more need to worry or fear or carry the burden yourself.





It Is Finished!

I imagine when Jesus opened His eyes, after three days in a borrowed tomb, I imagine that He smiled, no grinned, ear to ear.

It Is Finished!

Oh I imagine He smiled, maybe He slapped His knee and laughed.

It Is Finished!

He did it for you and for me ....

Can you just imagine the joy, when He opened His eyes.

It Is Finished!

He loves you so much, He did this for you and for me ....

His life, His death, His resurrection made a way to the Father for you....for me..

Can't you just see that smile...

It Is Finished!

Have a Blessed day.

He Is Risen.





NUWE BEGIN


Kyk, Ek maak alles nuut – Open. 21:5


En nou, die Maandag na die kruisiging Vrydag toe die dissipels se voete heeltemal onder hulle uitgeruk is, en daarna die opstanding en die gepaardgaande hemelse vreugde en gejubel, wat het die dissipels daardie Maandag gedoen?  Wat anders kon hulle doen as om bymekaar te kom en ‘n nuwe begin te maak.  ‘n Nuwe begin – nie net vir die dissipels nie, maar vandag ook vir jou en vir my.

En dit is ook nie so moeilik nie.  Met ‘n rein hart maak ek die begin.  Met die vryheid wat vergifnis bring, maak ek hierdie begin.  In die Lig, Liefde en Krag van God, met die klip wat weggerol het van alles wat my aan bande gelê het, maak ek vandag hierdie nuwe begin!

Vandag is ‘n splinternuwe dag – ‘n dag wat nog nooit voorheen geleef is nie.  Dit is ‘n dag propvol nuwe geleenthede wat ek onmiddelik raaksien en toepas in my lewe.  Dit is ‘n dag waarin ek sielsaadjies van liefde saai in almal met wie ek in aanraking kom of aan wie ek kan dink se lewens om so Jesus se Woord verder en verder uit te dra en te laat kring en siele te red hier op aarde.  En my hart juig en loop oor van vreugde oor die vredeblommetjies wat oraloor gaan opkom, vir my, vir jou en ons wêreld tot seën. Laat ons daaroor juig en bly wees!


Gebed:  Vandag begin ek opnuut vir Jesus!


~ Uit Daelikse Woord ~




Sunday 8 April 2012




DIE  OPSTANDING


Ek is die opstanding en die lewe.  -  Joh. 11:25


Die opstanding.  Die dag toe die onsigbare sigbaar geword het – die dag toe Jesus nie meer in die graf was nie maar opgestaan het.  En vir die dissipels?  Eers verbystering en ongeloof, daarna begrip en diepe hemelse vreugde – ‘n diepe hemelse vreugde – ‘n diepe hemelse vreugde, nie net vir die dissipels nie, maar vandag ook vir my!

Ek juig, want die klip is weggerol en die lig wat skyn vanuit my hart, skyn helder om my en verlig alles en almal met wie ek vandag in aanraking mag kom.

Ek juig, want die klip is weggerol, en die liefde wat deur die vensters van my hart vloei, is ‘n hemelse liefde wat alles en almal met wie ek hierdie heuglike dag deel, ophef en beter laat voel.

Ek juig, want die klip is weggerol, en die krag wat in my en om my vloei, stel my in staat om die stralende, gesonde, lewenslustige kind van ‘n hemelse Vader te wees wat ek in der waarheid is – wat ek in die onsigbare is!

Geen uitdaging is meer vir my onoorkomelik nie, geen probleem te groot nie, want die klip is weggerol en ek staan op in die lig, liefde en krag van God.


Gebed:  Die klip is weggerol!


~ Uit Daelikse Woord ~




Saturday 7 April 2012





VERGEWE


Maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.
Matt.  5:24


Vir Jesus was vergifnis so uiters belangrik.  Selfs terwyl Hy sterwend was, het Hy nog gevra dat die Vader die mense moet vergewe.  En omdat ek in Sy voetspore volg, gaan ek ook vandag ‘n dag van vergifnis maak, ‘n dag waarin ek dit wat skeef is, gaan regmaak.  En dit is ook nie so moeilik nie, want ek gaan dit doen met Jesus se lig, liefde en krag wat gister my skoongewaste hart binne-gevloei het en daarmee is ek tot alles in staat!

As iemand my te na gekom het – vergewe en vergeet ek dit.

As iemand my diep seergemaak en teleurgestel het – vergewe en vergeet ek dit.

Enige beledinging, enige gruweldaad, hetsy teenoor my of teenoor my geliefdes, vergewe ek onvoorwaardelik, want met elke grief en wrok waarvan ek so ontslae raak, maak ek ‘n oop plekkie in my hart vir Gods liefde.  En hoe meer liefde daar in my hart is, hoe makliker word dit om vrylik te vergewe en te vergeet – hoe makliker word dit om my pad van lig met ‘n lied in my hart te bewandel.


Gebed:  Vandag vergewe en vergeet ek!


~ Uit Daelikse Woord ~




Friday 6 April 2012





LIEFDE


God het Sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.  - Rom. 5:5


God het ons lief – net hier waar ons is, net soos ons nou is.  Ons hoef onself nie te verander of aan sekere standaarde of eise te voldoen nie – ons is geliefde kinders van ‘n hemelse Vader, en Sy liefde is onvoorwaardelik.

In Sy grootse liefde is ons toegevou, elke uur van elke dag, ongeag die omstandighede waarin ons ons mag bevind. Niks wat ons in die verlede gedoen het, kan Sy liefde vir ons laat afkoel nie. As daar iets is in die verlede wat ons nog hinder, lê ons dit aan Sy voete neer - Sy vergifnis is oombliklik en volkome. Die verlede, bestaan nie meer, en met die hede en die toekoms in Sy liefdevolle hande, werk alles vir ons ten goede mee.

Die liefde van God vloei in ons en om ons. Dit hef ons op, reinig ons hart van alles wat nie van die liefde is nie. Dit heel alle seer van die verlede, en met veerkrag in ons voetstap kan ons voortgaan op ons lewensweg.

Toegevou in hierdie wonder-liefde, is daar vrede in ons gemoed.


Gebed: Dankie dierbare Hemelvader dat U ons toevou in U oneindige liefde.


~ Uit Daelikse Woord ~









OORWINNING


Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare.
2 Kor. 4:18


Vandag herdink ons seker die lelikste daad wat die mensdom nog ooit gedoen het op hierdie aarde – naamlik die kruisiging van die Seun van God.  As ons oë op die sigbare gebeurtenisse gerig is, sal ons seer sekerlik in sak en as gaan sit met hierdie herdenking.  Maar gelukkig, na al die eeue, kan ons ons oë op die onsigbare rig.

Die geloof van die dissipels was in flarde daar waar hulle gebroke voor die kruis van Jesus gestaan het.  Maar later het hulle geleer dat die kruis maar net ‘n stopplek was op die pad na oorwinning en die Opstanding.  Vir die sondes van die wêreld en die mens het Hy Sy bloed vergiet, en drie dae later het Hy opgestaan en geseëvier oor alles en almal wat Hom probeer breek het.

Laat ons dan ook vandag waar ons die kruishout gade slaan, alles wat ons aan bande lê – alle sondes en griewe, neerlê aan die voet van die kruis om daar skoongewas te word in Sy liefdesbloed, en ook ons sal, soos Jesus, oorwinnaars wees!


Gebed:  Dankie Heer, vir ‘n rein hart.


~ Uit Daelikse Woord ~


Thursday 5 April 2012





TROOS


Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.  – Jos. 1:9


Moedeloos en hartseer, mag ek my hande uitstrek na familie en vriende vir hulp en vertroosting.  Maar dit wat ek nodig het, is moontlik baie meer as dit wat hulle my kan gee.

Hierdie wete ontmoedig my egter gladnie, want ek weet waar ek al die troos en aanmoediging wat ek ooit mag nodig hê sal vind, naamlik in die spesiale plekkie diep in my hart.

Dit is hier waar die beste Vriend wat enige mens ooit kan hê, getrou en geduldig op my wag – dit is hier waar ek ‘n sielsgesprek met Hom kan voer, en seker daarvan kan wees dat Hy my hoor, dat Hy my sal antwoord en sal onderskraag in Sy liefde en lig.  In Sy hemelse liefde ontspan ek.  Ek weet Hy het my lief, Hy waardeer my, en so vind ek rus vir my gemoed.

My Heer is altyd met my.  Hy is my getroue metgesel, Hy vertroos my, lei my en is en bly altyd my heel beste Vriend, oral waar ek mag gaan.


Gebed:  U Heer, is my heel beste vriend.


~ Uit Daelikse Woord ~