Tuesday 17 April 2012





KOMMUNIKASIE


Voor hulle roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor.   -  Jes.  65:24


Om met iemand oor die telefoon in verbinding te tree, kan soms uiters frustrerend wees.  Die foon mag beset wees, ‘n bandmasjien kan antwoord of ons word aangesê om te wag.

Om met God in verbinding te tree, is egter iets heeltemal anders.  Ons kan enige tyd, op enige plek, direk met Hom in verbinding tree.  Slegs een gebed ver is Hy.

Ons gebede elke dag, hou die lyn tussen ons en ons Heer oop.  Dit help ons ook om ons gedagtes positief en God-gerig te hou en ons op Sy pad van lig.

Sodra ons rusteloos raak of as kommer ons welsyn bedreig, moet ons net stil word en ons diepste heiligdom betree waar Hy woon.  Daar sal ons opnuut verseker word dat God in elke behoefte van ons voorsien, elke verlange stil en alle kommer uitwis.


Gebed:  Die lyn tussen my en God is altyd oop.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: