Saturday 14 April 2012





OMGEE VIR ANDER


Ons moet mekaar liefhê.  -  1 Joh. 3:11


Vriendskap en deernis teenoor ons medemens is iets wat uit ons innerlike geestelike aard voortkom.  Dit is hoe ons uitdrukking geen aan die liefde van Christus in ons.

God is lief vir al Sy kinders.  Niemand is beter of minder belangrik as ‘n ander nie.  As ons met hierdie gedagte ons medemens benader is dit vir ons moontlik om met meer liefde teenoor hulle op te tree.

As ons waarlik omgee, gee ons van onsself sonder om eers daaraan te dink of die persone wat dit ontvang, dit verdien. Ons gee om vir ons medemens omdat die liefde van Christus in ons harte heers. Ons doen alles wat ons kan om andere op die paaie wat hulle gekies het, te help.

In hierdie strewe om liefdevol te wees teenoor ons medemens, help God ons.  Ons hoef net gereeld onsself in Sy hande te plaas wanneer ons bid en Hy sal ons as instrumente gebruik om die goeie om ons te laat seëvier.  In ons harte en in ons denke saai Hy die saadjies van liefde wat uiteindelik ‘n ryke oes van vrede sal lewer.


Gebed:  Dankie Heer, vir U liefde in my hart.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: