Sunday 8 April 2012




DIE  OPSTANDING


Ek is die opstanding en die lewe.  -  Joh. 11:25


Die opstanding.  Die dag toe die onsigbare sigbaar geword het – die dag toe Jesus nie meer in die graf was nie maar opgestaan het.  En vir die dissipels?  Eers verbystering en ongeloof, daarna begrip en diepe hemelse vreugde – ‘n diepe hemelse vreugde – ‘n diepe hemelse vreugde, nie net vir die dissipels nie, maar vandag ook vir my!

Ek juig, want die klip is weggerol en die lig wat skyn vanuit my hart, skyn helder om my en verlig alles en almal met wie ek vandag in aanraking mag kom.

Ek juig, want die klip is weggerol, en die liefde wat deur die vensters van my hart vloei, is ‘n hemelse liefde wat alles en almal met wie ek hierdie heuglike dag deel, ophef en beter laat voel.

Ek juig, want die klip is weggerol, en die krag wat in my en om my vloei, stel my in staat om die stralende, gesonde, lewenslustige kind van ‘n hemelse Vader te wees wat ek in der waarheid is – wat ek in die onsigbare is!

Geen uitdaging is meer vir my onoorkomelik nie, geen probleem te groot nie, want die klip is weggerol en ek staan op in die lig, liefde en krag van God.


Gebed:  Die klip is weggerol!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: