Sunday 15 April 2012





‘N OOP DEUR


Kyk,  Ek het ‘n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie.   -  Openb. 3:8


‘n Oop deur is ‘n simbool van vrye toegang.  Laat ons dan die bostaande teks ons eie maak, en onthou dat waar ons ookal mag gaan of wat ons ookal mag doen, die deur tot leiding en inspirasie van Bo staan vir ons wawyd oop.

So ook staan die deur tot ons hart wawyd oop vir ons.  Wanneer ons oor die drumpel van hierdie deur stap, laat ons die geharwar van die daaglikse lewe agter.  In stilte kommunikeer ons met Hom wat daar woon, ons eie inwonende Christus, en ons word met nuwe moed en ywer gevul.

Onder Sy inspirasie weet ons wat ons te doen staan, en ons doen dit ook.  Hy gee ons die nodige moed en durf, en openbaar ook aan ons hoe en wat ons moet doen.  Hierdie leiding kan ook kom in die vorm van ‘n sekere wete diep in ons harte, of net ‘n gevoel van oortuiging wat ons bybly waar ons ons ookal mag bevind.

Ons bewandel ‘n pad van lig, en die inspirasie wat kom van Christus, hou ons voete stewig op hierdie helderverligte pad.


Gebed:  Ek bewandel ‘n pad van lig.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: