Friday 27 April 2012





KRAG


Die Here is my krag en my beskerming. - Ps. 118:14


Binne-in my skuil daar 'n krag wat groter is as enigiets om my - dit is die krag van my eie inwonende Heilige Gees, die krag wat ek vind in gebed - die grenslose krag wat kom van my diepste heiligdom, waaruit ek kan put en put en nogmaals put.

Hierdie krag kom van God - dit is die krag waarin ek lewe, beweeg en bestaan. Hoe fel die aanslae teen my ookal mag wees - hoe groot die krisis, ek beskik oor die nodige krag om staande te bly en aan te gaan met my lewe. Nooit staan ek alleen nie, want aan my sy staan Hy wat my al die krag gee wat ek ooit mag nodig kry. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee, en ons sê dankie daarvoor.

Dankie Heer, vir U krag so mildelik tot my beskikking. Dankie dat ek dit altyd kan gebruik, waar nodig, wanneer nodig, soos nodig. Dankie dat ek in U krag 'n wenner kan wees.


Gebed: Dankie Heer, vir die krag van U Heilige Gees in my!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: