Monday 16 April 2012





ALTYD BY MY


En onthou:  Ek is by julle al die dae.  -  Matt. 28:20


Altyd by my!  Hierdie besef en hierdie versekering bevry my van vrees.  Gods liefde omring en omvou my soos ‘n mantel van beskerming.  Hy is by my waar ek ookal is en in watter situasie ek my ook al mag bevind.

Altyd by my!  My Heer is altyd by my.  Ek is altyd by Hom.  Omdat ek dit weet, kan ek die lewe vol selfvertroue tegemoetgaan.  Wanneer daar van my verwag word om my op uitdagende en gevaarlike weë te begeef, tree ek moedig en dapper op.

Altyd by my!  Ek voel Sy teenwoordigheid as liefde, as lig, as krag, as ‘n gevoel van vrede en gerusstelling.

Altyd by my!  Daar is niks te vrees nie want my Heer is hier en daar en oral by my.


Gebed:  My Heer is altyd by my!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: