Thursday 26 April 2012






WARE VISIE


Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het:  Hy noem ons kinders van God en ons is dit ook.   -   1 Joh.  3:1


Wanneer  somber, negatiewe gedagtes vol vrese en kommer, ‘n donker wolk oor my visie gooi, gaan ek my binneste heiligdom binne, en daar verdwyn die wolk in die helder stralende lig van my Heer.  Daar word die visie wat ek van myself  het weer helder, en ek sien die lig!  Ek weet wie en wat ek werklik is, naamlik ‘n kind van God.  ‘n Gelukkige geestelike wese, oorlaai met die rykdomme van sy koninkryk.

As ek geneig is om myself te sien as siek en swak, verwyder ek nou die wolk wat oor my hang, en sien myself vol lewe en energie.  Gesondheid is myne!

As die nuus oor die radio, televisie en in die koerante my bedruk maak, wend ek my tot die waarheid dat God in bevel is.  Ek sien die wêreld ten volle onder sy beheer, en ek weet wat die rol is wat ek vandag daarin moet speel.  Vrede is myne!

Een vir een verwyder ek die wolke, en ek sien die ware visie van wie en wat ek is – ‘n kind van God!  Geluk is myne!


Gebed:  My visie is waar – ek is ‘n kind van God!


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: