Saturday 7 April 2012





VERGEWE


Maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.
Matt.  5:24


Vir Jesus was vergifnis so uiters belangrik.  Selfs terwyl Hy sterwend was, het Hy nog gevra dat die Vader die mense moet vergewe.  En omdat ek in Sy voetspore volg, gaan ek ook vandag ‘n dag van vergifnis maak, ‘n dag waarin ek dit wat skeef is, gaan regmaak.  En dit is ook nie so moeilik nie, want ek gaan dit doen met Jesus se lig, liefde en krag wat gister my skoongewaste hart binne-gevloei het en daarmee is ek tot alles in staat!

As iemand my te na gekom het – vergewe en vergeet ek dit.

As iemand my diep seergemaak en teleurgestel het – vergewe en vergeet ek dit.

Enige beledinging, enige gruweldaad, hetsy teenoor my of teenoor my geliefdes, vergewe ek onvoorwaardelik, want met elke grief en wrok waarvan ek so ontslae raak, maak ek ‘n oop plekkie in my hart vir Gods liefde.  En hoe meer liefde daar in my hart is, hoe makliker word dit om vrylik te vergewe en te vergeet – hoe makliker word dit om my pad van lig met ‘n lied in my hart te bewandel.


Gebed:  Vandag vergewe en vergeet ek!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: