Saturday 14 April 2012





BESKERMING


En die Here jou God sal jou bring in die land wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit in besit neem; en Hy sal aan jou goed doen en jou vermenigvuldig meer as jou vaders. 
Deut. 31:6 OV


Jesus het geweet dat Hy ten alle tye veilig onder die beskerming van God was. In Sy handel en Sy wandel, in alles wat Hy gedoen het, was Hy altyd een met God, een met Sy lig, Sy liefde en krag, en niks en niemand kon daardie band tussen Hom en God verbreek nie

Net so kan ons ook staatmaak op die beskerming van ons Heer.  Die Prins van liefde het Sy intrek geneem in ons harte, en as ons ons  dag aan Hom wy in ons stil tye van gebed, kan ons seker daarvan wees dat Hy oor ons en ons geliefdes waak, waar ons ookal mag wees of wat ons ookal mag doen.

Hoe meer ons in ons gebede onsself en ons geliefdes in Gods lig plaas, hoe meer besef ons dat daardie lig werklik in ons en om ons skyn. 'n Lig wat beskerm, 'n helder, stralende lig wat enige negatiwiteit wat ons probeer aanval, vernietig nog voordat ons eers daarvan bewus is.


Gebed: In die lig van ons Hemelvader is ons veilig!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: