Friday 6 April 2012






OORWINNING


Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare.
2 Kor. 4:18


Vandag herdink ons seker die lelikste daad wat die mensdom nog ooit gedoen het op hierdie aarde – naamlik die kruisiging van die Seun van God.  As ons oë op die sigbare gebeurtenisse gerig is, sal ons seer sekerlik in sak en as gaan sit met hierdie herdenking.  Maar gelukkig, na al die eeue, kan ons ons oë op die onsigbare rig.

Die geloof van die dissipels was in flarde daar waar hulle gebroke voor die kruis van Jesus gestaan het.  Maar later het hulle geleer dat die kruis maar net ‘n stopplek was op die pad na oorwinning en die Opstanding.  Vir die sondes van die wêreld en die mens het Hy Sy bloed vergiet, en drie dae later het Hy opgestaan en geseëvier oor alles en almal wat Hom probeer breek het.

Laat ons dan ook vandag waar ons die kruishout gade slaan, alles wat ons aan bande lê – alle sondes en griewe, neerlê aan die voet van die kruis om daar skoongewas te word in Sy liefdesbloed, en ook ons sal, soos Jesus, oorwinnaars wees!


Gebed:  Dankie Heer, vir ‘n rein hart.


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: