Wednesday 4 April 2012





VERGEWE


Vergewe mekaar as die een iets teen die ander het.  Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.  -  Kol. 3:13


Soos die Here ons vergewe het, moet ons mekaar ook vergewe, sê vandag se teks vir ons. So baie kere word ons daaraan herinner om te vergewe.  Waarom dan?  Omdat dit so verskriklik belangriks is – nie net vir onsself nie, maar ook vir diegene teen wie ons ‘n wrok koester.  Maklik is dit nie.  Maar as ons dit nie doen nie, kan die wrewel en die seer al hoe erger word, en waar daar lig behoort te wees, kan later net duisternis wees.

Gelukkig is daar ‘n manier om van die duisternis in ons hart ontslae te raak. Ons kan ons wend tot die Heer van ons hart, en Sy lig werp op dit wat seermaak.  Ons kan Sy liefde daarop uitstort, uit ons hart uit vergewe, en vry en bly voortgaan op ons pad van lig.

Hierdie manier van vergewe maak nie net vir ons vry nie, dit maak ook die persoon wat ons te na gekom het vry, en ons kan ongestoord voortgaan op ons pad van lig.


Gebed:  Ek vergewe.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: