Wednesday 30 November 2011




LAAT  LOS,  LAAT GOD


Laat U wil geskied.  – Matt. 6:10 OV


Ek mag so seker wees dat dit wat ek dink reg is, dat ek in die pad van Gods volmaakte plan kan staan.  Om seker te maak dat  SY wil geskied, los ek alles in Sy hande en laat Hom oorneem.

Ek laat los.  Ek raak ontslae van alle vooropgestelde idees omtrent mense en gebeure, en laat die goeie op ‘n natuurlik, ordelike manier ontvou.  Ek sien net die mooie en die skone in alles en almal om my, en besef al hoe meer dat Gods plan besig is om te ontvou.

Ek laat Gods liefde deur my vloei.  Deur alles te los en Hom toe te laat om oor te neem in my lewe, maak ek my hart oop vir Sy liefde om dit binne te vloei en tot oorlopens toe te vul.  Hierdie grootse liefde kan gesien word in my handel en my wandel, en maak my vry van enige bande wat ek of andere vir my opgelê het.

Hierdie grootse liefde bring nuwe begrip en verdraagsaamheid in my verhouding met andere.  Dit maak my oë oop vir die mooie in my en om my – dit help my om die lig te sien..


Gebed:  Ek laat los en laat Gods liefde oorneem.


~ Daelikse Woord ~




Tuesday 29 November 2011





EK SEËN JOU


Geliefdes, ons moet mekaar liefhê.  – 1 Joh. 4:7


Ek glo in jou omdat ek in Christus wat in jou woon, glo.  Ek bid nie dat jy moet  beter wees as wat jy is nie, ek bid dat jy so goed moet wees as wat jy is.  Ek bid dat jy jou ware Christus-self moet weerspieël in jou lewe.

Ek bid nie dat jy gelukkig moet wees op die manier wat ek dink jy moet gelukkig wees nie. Ek bid net dat jy jou inwonende lig moet volg wat altyd lei tot geluk en vervulling.

Ek bid nie dat jy sonder verantwoordelikhede moet wees nie.  Ek bid dat jy vry van onrus en kommer sal wees, dat jy die wyse, vreeslose, oortuigende, bekwame wese sal wees wat jy in Sy Gees is.

Ek bid nie dat jy aan my idee van sukses en bereiking sal voldoen nie.  Ek bid dat jy jou Godgegewe vermoëns en talente sal verbeter en op jou eie unieke en wonderlike manier daaraan uitdrukking gee.

Ek bid vir jou omdat ek weet jy is Gods geliefde kind.  Ek seën jou sonder voorbehoud.  Ek het jou lief soos God jou liefhet.


Gebed:  Geliefde, ek het jou lief!


~ Uit Daelikse Woord ~


Monday 28 November 2011




VROLIKE  HART


‘n Vrolike hart maak die aangesig bly.  – Spr. 15:13 OV


Heer van my hart, hoe bly maak dit my om te weet U lewe, U liefde en blydskap is altyd daar vir my.  Binne-in my ‘n nimmereindigende fontein om uit te skep.

U maak my hart vrolik en bly, Heer, en in my gesprekke met andere, in my woorde en in my dade gaan ek U blydskap so diep in my hart, oordra aan elkeen met wie ek te doen mag kry.  Met woorde wat ophef en seën, U woorde Heer, gaan ek vandag ‘n baken van lig wees so ver ek gaan.

Maar, dierbare Heer, ek weet daar gaan tye kom wat ek nie baie gelukkig gaan wees ooriets wat gebeur het nie, en vir ‘n wyle sal dit voel asof die lied in my hart stil geword het.  Maar  dan word ek stil.  Stil gaan ek die Spesiale Plekkie binne-in my hart binne, en daar gee ek alles wat die vrolikheid demp net so oor aan U, en ek sal daar bly Heer aan U voete, tot my hart weer ‘n vrolike lied begin sing.

Ja, ek het ‘n vrolike hart wat deur alles heen sing.  ‘n Vrolike hart omdat ek U ken op al my weë, Heer – en dit maak my aangesig bly!!


Gebed:  My vrolike hart maak my aangesig bly – Dankie, Vader!


~ Uit Daelikse Woord ~




Saturday 26 November 2011





Father's Love Letter
An Intimate Message From God To You.

My Child,


You may not know me,
but I know everything about you.
Psalm 139:1

I know when you sit down and when you rise up.
Psalm 139:2

I am familiar with all your ways.
Psalm 139:3

Even the very hairs on your head are numbered.
Matthew 10:29-31

For you were made in my image.
Genesis 1:27

In me you live and move and have your being.
Acts 17:28

For you are my offspring.
Acts 17:28

I knew you even before you were conceived.
Jeremiah 1:4-5

I chose you when I planned creation.
Ephesians 1:11-12

You were not a mistake,
for all your days are written in my book.
Psalm 139:15-16

I determined the exact time of your birth
and where you would live.
Acts 17:26

You are fearfully and wonderfully made.
Psalm 139:14

I knit you together in your mother's womb.
Psalm 139:13

And brought you forth on the day you were born.
Psalm 71:6

I have been misrepresented
by those who don't know me.
John 8:41-44

I am not distant and angry,
but am the complete expression of love.
1 John 4:16

And it is my desire to lavish my love on you.
1 John 3:1

Simply because you are my child
and I am your Father.
1 John 3:1

I offer you more than your earthly father ever could.
Matthew 7:11

For I am the perfect father.
Matthew 5:48

Every good gift that you receive comes from my hand.
James 1:17

For I am your provider and I meet all your needs.
Matthew 6:31-33

My plan for your future has always been filled with hope.
Jeremiah 29:11

Because I love you with an everlasting love.
Jeremiah 31:3

My thoughts toward you are countless
as the sand on the seashore.
Psalms 139:17-18

And I rejoice over you with singing.
Zephaniah 3:17

I will never stop doing good to you.
Jeremiah 32:40

For you are my treasured possession.
Exodus 19:5

I desire to establish you
with all my heart and all my soul.
Jeremiah 32:41

And I want to show you great and marvelous things.
Jeremiah 33:3

If you seek me with all your heart,
you will find me.
Deuteronomy 4:29

Delight in me and I will give you
the desires of your heart.
Psalm 37:4

For it is I who gave you those desires.
Philippians 2:13

I am able to do more for you
than you could possibly imagine.
Ephesians 3:20

For I am your greatest encourager.
2 Thessalonians 2:16-17

I am also the Father who comforts you
in all your troubles.
2 Corinthians 1:3-4

When you are brokenhearted,
I am close to you.
Psalm 34:18

As a shepherd carries a lamb,
I have carried you close to my heart.
Isaiah 40:11

One day I will wipe away
every tear from your eyes.
Revelation 21:3-4

And I'll take away all the pain
you have suffered on this earth.
Revelation 21:3-4

I am your Father, and I love you
even as I love my son, Jesus.
John 17:23

For in Jesus, my love for you is revealed.
John 17:26

He is the exact representation of my being.
Hebrews 1:3

He came to demonstrate that I am for you,
not against you.
Romans 8:31

And to tell you that I am not counting your sins.
2 Corinthians 5:18-19

Jesus died so that you and I could be reconciled.
2 Corinthians 5:18-19

His death was the ultimate expression
of my love for you.
1 John 4:10

I gave up everything I loved
that I might gain your love.
Romans 8:31-32

If you receive the gift of my son Jesus,
you receive me.
1 John 2:23

And nothing will ever separate you
from my love again.
Romans 8:38-39

Come home and I'll throw the biggest party
heaven has ever seen.
Luke 15:7

I have always been Father,
and will always be Father.
Ephesians 3:14-15

My question is…
Will you be my child?
John 1:12-13

I am waiting for you.
Luke 15:11-32


Love, Your Dad
Almighty God



EK  IS


Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?  -  1 Kor. 3:16


Luister geliefde:  Ek is die één teenwoordigheid en die één krag in hierdie liggaamstempel.  Laat alles in jou en om jou getuig van hierdie waarheid.  Ek is die lig in hierdie denke, die liefde in hierdie hart, en die krag in hierdie liggaam – altyd daar!

Laat My lig gehoor word in die woorde wat jy spreek – woorde vol wysheid en begrip, vir jou en vir almal om jou.

Laat  my liefde gevoel word in die deernis waarmee jy andere benader – gesien word in jou onbaatsugtige dade en leefwyse.

Laat my krag gesien word in die moed en durf waarmee jy alles aanpak – die moed en en durf onderliggend aan alles wat jy doen en alles wat jy sê.

Leef in My lig, gee in My liefde, wees sterk in My krag, en jou lewe sal My lewe in jou weerspieël.  Wees lig, wees liefde en wees krag, want dit is wat Ek is in jou – altyd daar!


Gebed:  Met U in my en ek in U, ís ek Lig, Liefde en Krag!


~ Uit Daelikse Woord ~






REIK NA


Kry ‘n nuwe gesindheid, ‘n nuwe gees.  – Esegiël 18:31


Wanneer ons na die lewe reik, reik die lewe altyd ook na ons.  Hoe reik ons na die lewe?  Ons reik na die lewe in die eerste plek in ons gedagtes en ons gesindheid.  As ons tot nou toe gedink het dat die lewe by ons verby gaan, as ons tot nou toe onnodig en onbelangrik gevoel het, moet ons nou ontslae raak van sulke gevoelens en gedagtes.  Dit is nooit te laat om ons horisonne wyer te span nie, om meer en vollediger te leef nie.  Ons is nodig en ons is belangrik.  Ons het baie om die lewe te bied en die lewe het baie om aan ons te bied.

Miskien het ons tot nou toe toegelaat dat ons lewe roetine word.  Ons was miskien geneig om nuwe vriende en nuwe belangstellings uit te sluit, maar God het aan ons die vermoë en die moed gegee om te verander, om uit ons dop te kruip, om te reik na en deel te neem aan die lewe.

Sy Gees in ons spoor ons gedurig aan om uitdrukking te gee aan meer liefde, meer blydskap, meer entoesiasme.  Laat ons reageer op hierdie aansporing.


Gebed:  Ek reik na die lewe en die lewe reik na my.


~ Uit Daelikse Woord ~




Thursday 24 November 2011



VERTROUE


U leer my hoe om te lewe.  By U is daar oorvloedige blydskap. 
 Ps 16:11


Ons vertroue in die Here neem van dag tot dag toe.  As ons daagliks ons vertroue op Hom stel, sal seëninge ons lewe begin binnevloei.  Hierdie vertroue wat ons so in Hom stel, beteken ook dat ons geen krag gee aan enigiets wat ons seëninge van ons mag weerhou nie.

Soms mag ons wens dat die dinge wat ons deurmaak liefs ‘n bietjie anders moet wees, meer aangenaam byvoorbeeld.  En tog, as ons mooi en diep begin kyk, sal ons vind dat daar ‘n seën in elke gebeurtenis in ons lewe skuil.

As ons sou terugkyk oor ons lewe tot hier, sal ons vind dat Gods volmaakte plan duidelik sigbaar is in alles wat ons ervaar het.  En met ons vertroue op God en Sy goedheid, kan ons seker daarvan wees dat Sy plan in die toekoms ook altyd tot ons hoogste heil sal werk.

Ons vertroue op God maak dit vir ons moontlik om ons seëninge raak te sien, in ontvangs te neem en te geniet.


Gebed:  Ek vertrou op God en vind rus vir my siel.


~ Uit Daelikse Woord ~




‘N WENNER

Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.  – Kol. 1:27

Voel jy dat die eise wat aan jou gestel word, meer is as wat jy kan bybring – miskien as gevolg van ‘n verandering van werk of lewenswyse -  lyk dit asof daar meer geld uitgaan as wat inkom en jy kan net nie bybly nie?

Hou goeie moed en aanskou die oorwinning!  Christus woon binne-in jou, en in Sy krag is jy altyd ‘n wenner, wat ookal die eise is wat aan jou gestel word.  Ken Hom op en in al jou weë – ken Hom in die aand en ken Hom in die môre.  Soek Hom op diep in jou hart.  Hy sal die poorte van die hemel vir jou oopmaak en al die krag, al die lig en leiding, geduld en liefde wat jy ooit mag benodig, sal mildelik op jou uitgestort word.

Met wysheid sal jy jou lewe in oënskou neem – jy sal weet wanneer om nee te sê en wanneer om ja te sê.

Midde-in die grootste krisis het jy nog steeds niks om te vrees nie, want Hy wat in jou hart woon is groter as enige uitdaging waarvoor jy ooit te staan sal kom in jou lewe!

Gebed:  In U krag, Heer, is ek ‘n wenner!

~ Uit Daelikse Woord ~

Monday 21 November 2011



VOORSPEL POSITIEF EN GOED

U het alles aan hom onderwerp. – Ps. 8:7

Wanneer ek negatiewe voorspellings aangaande die toekoms hoor verkies ek om in God te glo as die een teenwoordigheid en die een krag wat aan die werk is in ons en in ons wêreld.

“Wat is die mens dat U aan hom dink,
en die mensekind dat U hom besoek?
U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n
goddelike wes
en hom met eer en heerlikheid gekroon
U laat hom heers oor die werke van U hande.”

Ek voel verhewe, gelukkig en optimisties.  Ek weet dat as ek in God glo, ek my eie positiewe voorspellings kan maak.  Ek vul my dae met voorspellings van vrede op aarde en welwillendheid jeens almal.  Ek voorspel vir my geliefdes konstante beskerming en die vervulling van elke visioen van goedheid.  Ek voorspel vir myself ‘n gedurig groter wordende geleentheid om aan die lewe te gee en om die lewe aan my te laat gee op nuwe en wonderbaarlike maniere.

Gebed:  My geloof is in God, die Goeie.

~ Uit Daelikse Woord ~







NOG ‘N KANS


Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens.  Die oue is verby, die nuwe het gekom.  – 2 Kor. 5:17


Klein kindertjies wat hulle eerste treetjies begin gee, val oor en oor, maar hulle staan op en probeer weer en weer.  So hou hulle aan tot hulle kan loop, en uiteindelik selfs kan hardloop!

Ook as volwassenes struikel ons soms wanneer ons iets nuuts probeer en nie suksesvol is nie.  Maar ons weet, God sal ons nog ‘n kans gee.  Die tyd wanneer ons suksesvol is, en die mate waarop ons presteer, mag verskil van dié van ander, maar dit maak nie saak nie.  Ons glo in God – ons wandel in Sy lig, daarom kan en moet ons wenners wees!

Die feit dat ons nie ons doelwit vandag bereik het nie, is ook nie die einde van die wêreld nie.  Hy weet wanneer dit die beste tyd is vir ons om bo uit te kom, ons moet net ons deel vandag doen – Hy sal sorg vir môre.

Dankie, Heer, dat ons in U lig elke struikelblok, elke teleurstelling, kan oorwin, en in U krag kan opstaan en aangaan, al lyk dit vandag asof alles om ons in skerwe lê.


Gebed:  In U krag, Heer, is ek ‘n wenner!


~ Uit Daelikse Woord ~




Sunday 20 November 2011








‘N OPLOSSING


Ja, ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.  -  Jes. 43:19


Soms kyk ons na ‘n probleem waarvoor ons te staan gekom het, en sê moedeloos:  “Ek kan eenvoudig nie sien hoe dit kan uitwerk nie.”  Of waar dit iemand anders aangaan: “Ek weet nie hoe hy sy probleme kan oplos of sy verantwoordelikhede kan nakom nie.”  Dit beteken natuurlik ons kyk net na dinge soos dit vir ons op die oog af lyk – ons vergeet skoon om met die oë van ons siel te kyk.  Ons vergeet dat Hy wat werk daar waar ons nie sien nie, gereed is om ook hier te werk, ons moet Hom net nader in gebed en alles in Sy hande laat.  Hy sal oorneem, Hy sal alles wat verkeerd lyk reg maak.

Daar is nie een van ons wat nie weet van so ‘n probleem wat onoplosbaar gelyk het nie, en tog opgelos is, tot seën van elkeen by die saak betrokke.  Miskien het iemand tóg gebid, miskien het iemand tóg geglo in die wonderwerkende krag van God wat deur niks aan bande gelê kan word nie.

Ons moet net op ons hoede wees om nooit negatief te raak nie- om nooit te dink daar is geen oplossing nie.  By God is daar áltyd ‘n oplossing – áltyd ‘n weg!


Gebed:  Ek bid, ek glo, en U neem oor – dit weet ek nou!


~ Uit Daelikse Woord ~



Saturday 19 November 2011




MY PLEK


“Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.”
Luk. 19:5


Al was Saggeus, die tollenaar, op ‘n baie ongewone plek – in ‘n wildevyeboom – was hy op die regte plek toe Jesus na hom toe gekom het.  Jesus het hom nader geroep, saam met hom na sy huis toe gegaan, en redding vir hom en vir sy huis gebring.

Soos Saggeus kan ons ook op die regte plek wees – die plek waar ons gehelp kan word en tot die meeste hulp vir andere kan wees.  Soms lyk dit ook na ‘n mees ongewone plek, maar ons kan altyd die beste daarvan maak.  In ons familie, ons werk en gemeenskap, is die plek wat ons beklee baie belangrik.  Die rol wat ons vul, kan deur niemand anders presies op dieselfde manier gevul word nie, want elke mens is uniek.

Omdat ons na God opsien vir leiding en inligting, word ons beskerm teen baie foute wat ons mag maak as ons net op onsself sou steun.

Die Heilige Gees wat binne-in ons is, doen Sy werke in ons en om ons, en ons weet ons is op die regte plek, op die regte tyd, besig om ons bes te doen.


Gebed:  Ek is op die regte plek.


~ Uit Daelikse Woord ~





Friday 18 November 2011




TROOS


Vreugde en blydskap sal julle verkry;  kommer en gesug vlug weg.  Ek is dit wat julle troos.
Jes.  51:11-12 OV


Daar is net een plek waar ek weer rus en vertroosting sal vind as my hart in skerwe om my lê.  Net een plek waar al my kommer en gesug sal verdwyn en ek weer vreugde en blydskap sal verkry.  Dit is die plek diep in my wese waar my Heer self woon. Daar sal ek Hom vind, en Hy sal my toevou in Sy liefde, en rus bring vir my moeë siel.

Stadig maar seker sal Sy helende salf my wonde heel en my liggaam vul met nuwe krag en geesdrif.

Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee,” hoor Ek Hom sê, en uit my hart uit roep ek Hom aan – “Ek kom Heer – gee my die rus wat net U kan gee.  Hier is my stukkende hart Heer, heel dit met die balsem van U liefde.  Hier is al my kommer en my sorge, maak my las lig Heer in die krag van U liefde en lig.  Dankie Vader, ek weet U het my gehoor – dankie vir U vrede wat nou so saggies my hart en gemoed binnevloei.”


Gebed:  Dankie Heer, my siel sing weer!


~ Uit Daelikse Woord ~