Friday 11 November 2011




VRIENDSKAP


Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ‘n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie.  Nee,  Ek noem julle vriende, omdat  Ek alles wat  Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 
Joh. 15:15


Vandag vier ek die wonder van vriendskappe.  Deur self ‘n vriend te wees, leef ek my geestelike eienskappe uit.  Die liefde, geduld en bedagsaamheid van my inwonende Christus-self, stort ek op my vriende uit.

In my poging om ‘n ander te help, laat ek die Christus in my toe om die Christus in daardie persoon te groet.  My woorde van vertroosting, my bereidwilligheid om met meegevoel te luister, is die manier waarop my diepste wese kommunikeer met die diepste wese van iemand anders.  Vriendskappe is ‘n band van liefde, ‘n band van eenheid tussen twee mense.

Vandag lê ek my daarop toe om die vriendskappe in my lewe te geniet en te verryk.  Soos ‘n vriend, en in die gees van vriendskap, bring ek hulde aan die Christus in my hart en die Christus in die harte van my vriende.


Gebed:  Vandag leef ek van Christus tot Christus.


~ Uit Daelikse Woord ~



No comments: