Wednesday 9 November 2011




DANKIE, HEER


En nou loof ons U, ons God, ons prys U glansryke Naam.  – 1 Kron. 29:13


Dankie, Heer, vir hierdie mooi wêreld wat U geskape het.  Die uitspansel, die sterre, die wolke – alles is ‘n nimmereindigende bron van verwondering.  Die bome, die blomme, die diere – die ganse wêreld weerspieël U orde en skoonheid.

Dankie, Heer, vir die gevoel van eenheid en harmonie met die mense in my lewe, wat in my ontwaak – nie net vir diegene wat ek liefhet nie, maar vir elkeen wat ek elke dag mag teëkom.  Ons word almal in U liefde toegevou.

Dankie, Heer, dat U my geseën het met ‘n sagte hart.  Ek is ontvanklik vir U liefde, wat deur my vloei en sigbaar word in die liefde en goedhartigheid wat ek met andere deel.

Dankie, Heer, vir die gevoel van waardering wat U in my geplant het, want ek weet ek is ryklik geseënd.  Ek is ‘n geestelike wese, wat elke dag blymoedige voortgaan in U lig.  Ek loof U en dank U, Heer, want U is altyd met my.  U vou my toe in U liefde.


Gebed:  Dankie, Heer, vir alles!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: