Monday 28 November 2011




VROLIKE  HART


‘n Vrolike hart maak die aangesig bly.  – Spr. 15:13 OV


Heer van my hart, hoe bly maak dit my om te weet U lewe, U liefde en blydskap is altyd daar vir my.  Binne-in my ‘n nimmereindigende fontein om uit te skep.

U maak my hart vrolik en bly, Heer, en in my gesprekke met andere, in my woorde en in my dade gaan ek U blydskap so diep in my hart, oordra aan elkeen met wie ek te doen mag kry.  Met woorde wat ophef en seën, U woorde Heer, gaan ek vandag ‘n baken van lig wees so ver ek gaan.

Maar, dierbare Heer, ek weet daar gaan tye kom wat ek nie baie gelukkig gaan wees ooriets wat gebeur het nie, en vir ‘n wyle sal dit voel asof die lied in my hart stil geword het.  Maar  dan word ek stil.  Stil gaan ek die Spesiale Plekkie binne-in my hart binne, en daar gee ek alles wat die vrolikheid demp net so oor aan U, en ek sal daar bly Heer aan U voete, tot my hart weer ‘n vrolike lied begin sing.

Ja, ek het ‘n vrolike hart wat deur alles heen sing.  ‘n Vrolike hart omdat ek U ken op al my weë, Heer – en dit maak my aangesig bly!!


Gebed:  My vrolike hart maak my aangesig bly – Dankie, Vader!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: