Monday 21 November 2011




NOG ‘N KANS


Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens.  Die oue is verby, die nuwe het gekom.  – 2 Kor. 5:17


Klein kindertjies wat hulle eerste treetjies begin gee, val oor en oor, maar hulle staan op en probeer weer en weer.  So hou hulle aan tot hulle kan loop, en uiteindelik selfs kan hardloop!

Ook as volwassenes struikel ons soms wanneer ons iets nuuts probeer en nie suksesvol is nie.  Maar ons weet, God sal ons nog ‘n kans gee.  Die tyd wanneer ons suksesvol is, en die mate waarop ons presteer, mag verskil van dié van ander, maar dit maak nie saak nie.  Ons glo in God – ons wandel in Sy lig, daarom kan en moet ons wenners wees!

Die feit dat ons nie ons doelwit vandag bereik het nie, is ook nie die einde van die wêreld nie.  Hy weet wanneer dit die beste tyd is vir ons om bo uit te kom, ons moet net ons deel vandag doen – Hy sal sorg vir môre.

Dankie, Heer, dat ons in U lig elke struikelblok, elke teleurstelling, kan oorwin, en in U krag kan opstaan en aangaan, al lyk dit vandag asof alles om ons in skerwe lê.


Gebed:  In U krag, Heer, is ek ‘n wenner!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: