Thursday 3 November 2011



DANKIE  VADER


Dank Hom, prys sy Naam.  -  Ps. 100:4


Hoe mooi hierdie dag!  Hoe wonderlik sal dit nie wees as almal in die wêreld vandag saam met ons God kan loof en dank vir hierdie wonder-mooi dag nie! Maar ons wat hierdie stukkie lees kan!

“Dankie, Vader, vir hierdie wonder-wêreld wat ons ons tuiste is!  Dankie vir die lug wat ons kan inasem, vir die son wat die dag so helder verlig, en vir die maan wat lig bring in die nag.  Dankie vir die vrolike melodie van die voëls, dankie vir al die plante wat vol nuwe groei is en alles om ons so mooi maak.  Vir die orde wat heers in U wêreld – al sien ons dit nie altyd raak nie, loof en dank ons U!

“Dankie, Vader, vir familie en vriende wat ons lewens soveel voller en ryker maak.  Seën elkeen van hulle, en seën ook die vreemdeling wat saam met ons hierdie aarde bewoon.  Laat U liefde en lig wat alles deurstraal, ook vir die mens lig bring en liefde, wat vrede tot gevolg het.

“Dankie Vader, vir U liefde vir ons, U mensekinders.  Maak ons hierdie grootse liefde van U waardig, Heer, in dit wat ons sê, en in dit wat ons doen.”


Gebed:  Dankie, Vader, vir U liefde vir ons!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: