Thursday 24 November 2011



‘N WENNER

Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.  – Kol. 1:27

Voel jy dat die eise wat aan jou gestel word, meer is as wat jy kan bybring – miskien as gevolg van ‘n verandering van werk of lewenswyse -  lyk dit asof daar meer geld uitgaan as wat inkom en jy kan net nie bybly nie?

Hou goeie moed en aanskou die oorwinning!  Christus woon binne-in jou, en in Sy krag is jy altyd ‘n wenner, wat ookal die eise is wat aan jou gestel word.  Ken Hom op en in al jou weë – ken Hom in die aand en ken Hom in die môre.  Soek Hom op diep in jou hart.  Hy sal die poorte van die hemel vir jou oopmaak en al die krag, al die lig en leiding, geduld en liefde wat jy ooit mag benodig, sal mildelik op jou uitgestort word.

Met wysheid sal jy jou lewe in oënskou neem – jy sal weet wanneer om nee te sê en wanneer om ja te sê.

Midde-in die grootste krisis het jy nog steeds niks om te vrees nie, want Hy wat in jou hart woon is groter as enige uitdaging waarvoor jy ooit te staan sal kom in jou lewe!

Gebed:  In U krag, Heer, is ek ‘n wenner!

~ Uit Daelikse Woord ~

No comments: