Tuesday 1 November 2011


GENADE


Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. 
Joh. 1:16


Hoe hard ons ookal mag probeer, ons mag iets doen wat gladnie voldoen aan ons hoë ideale en drome nie.  Of, sodra ons voel nou kom ons darem êrens, mag ons net daar weer struikel en val.

Maar deur dit alles heen bly God so goed vir ons!  In Sy genade gee Hy aan ons die nodige moed en durf, die nodige energie om ons deur te dra.  Saggies vou Hy ons toe in Sy genade en liefde – vang Hy ons die oomblik wanneer ons begin struikel.

Genade is Gods liefde in aksie.  Dit is die sekere wete dat God ons liefhet net soos ons is.  Dis die omgee en die liefde wat ons elke dag van ‘n skoon bladsy voorsien waarop ons opnuut kan begin.  Dit is die voorsiening wat in al ons behoeftes voorsien.

Gods genade vloei deur die mense wat ons liefhet, en ook deur hulle wat ons nie liefhet nie – deur die situasies en omstandighede wat lyk asof dit tot seën is, of nie vir ons tot seën is nie.  Gods genade is altyd daar vir ons, en soms kry ons ‘n kykie in die grootsheid van Sy liefde vir ons!  Wat ‘n wonderlike gesig!


Gebed:  Dankie, Heer, vir U liefde en genade.


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: