Thursday 17 November 2011





INNERLIKE VREDE


Wees maar net stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!
Ps. 62:6 OV


As die lewenstorme woedend om my slaan en ek smag na ‘n plek van vrede, van stilte en rus – miskien êrens in ‘n woud, op ‘n berg of by die see, maar dit is prakties onmoontlik, dan onthou ek – ek hoef maar net diep in my hart te gaan soek, en ek sal die plek vind waar vrede heers.

Hoe groot die wonder om so ‘n plek binne-in my te kan hê. ‘n Plek nader as enige vakansie-oord – ‘n heerlike plek van stilte en rus, wat boonop nie ‘n sent kos om binne te gaan nie.  Al wat ek moet doen, is om stil te word – om my Heer wat daar woon in gebed aan te roep.  Hy sal my hoor – Hy sal antwoord, en sy vrede wat alle verstand te bowe gaan, sal my hart en gemoed binnevloei.

Soos die vrede wat heers in die dieptes van die see, ongeag die storms op die oppervlak, so is die vrede wat ek daar vind, ongeag die storms wat om my woed en dreig om my te verswelg.

Dankie, Heer, vir U vrede wat nou in my hart heers – ‘n vrede wat ek met my kan saamneem, ‘n vrede wat my bybly dwarsdeur hierdie mooi dag saam met U.


Gebed:  Dankie, Heer, vir U vrede nou in my hart.


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: