Tuesday 8 November 2011



HEERLIKE  WETE


Ja, my siel is stil tot God.  Ps 62:2 (OV)


Wees stil en luister, U Heer openbaar aan u die manier waarop daar in u behoeftes voorsien kan word. Hy wys vir u die weg om elke probleem die hoof te bied.

Luister!  U Heer praat diep in u siel met u – luister mooi, Hy praat nou met u, in die stilte van hierdie oomblik.

Luister! U Heer praat so sag dat u Hom nie sal hoor nie tensy u u volle aandag aan Hom gee.

Luister! U Heer laat Sy idees in u gedagtes posvat, maak die volgende stap aan u bekend. Let op Sy leiding en volg Hom.

Luister! U Heer spoor u aan. Wees gereed om in Sy krag te handel, want dit is ook u krag.

Luister! U Heer is altyd daar vir u, altyd gereed om u te rig en te lei op al u weë.

Luister U? Hoor U Sy stem wat diep in u hart vir u sê: “Jy is My geliefde kind in wie Ek ‘n welbehae het. Wandel in My lig, handel in My liefde en stap voort in My krag. Ek is altyd hier.”


Gebed: Ek luister, Heer, en ek wandel in U lig!


Daelikse Woord





No comments: