Saturday 26 November 2011



REIK NA


Kry ‘n nuwe gesindheid, ‘n nuwe gees.  – Esegiël 18:31


Wanneer ons na die lewe reik, reik die lewe altyd ook na ons.  Hoe reik ons na die lewe?  Ons reik na die lewe in die eerste plek in ons gedagtes en ons gesindheid.  As ons tot nou toe gedink het dat die lewe by ons verby gaan, as ons tot nou toe onnodig en onbelangrik gevoel het, moet ons nou ontslae raak van sulke gevoelens en gedagtes.  Dit is nooit te laat om ons horisonne wyer te span nie, om meer en vollediger te leef nie.  Ons is nodig en ons is belangrik.  Ons het baie om die lewe te bied en die lewe het baie om aan ons te bied.

Miskien het ons tot nou toe toegelaat dat ons lewe roetine word.  Ons was miskien geneig om nuwe vriende en nuwe belangstellings uit te sluit, maar God het aan ons die vermoë en die moed gegee om te verander, om uit ons dop te kruip, om te reik na en deel te neem aan die lewe.

Sy Gees in ons spoor ons gedurig aan om uitdrukking te gee aan meer liefde, meer blydskap, meer entoesiasme.  Laat ons reageer op hierdie aansporing.


Gebed:  Ek reik na die lewe en die lewe reik na my.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: