Wednesday 16 November 2011



DIE HEILIGE GEES


Vir hulle het Hy veilig gelei, en hulle was nie bang nie.  Ps. 78:53


Gods Heilige Gees in ons lei ons, versterk ons en onderskraag ons, ongeag hoe moeilik of deurmekaar ons lewe ookal lyk.

Elke dag gee ons die geleentheid om in hierdie wêreld te lewe en te groei, te leer en andere te leer, lief te hê en bemin te word.  Daar kom egter tye wanneer dit vir ons totaal onmoontlik is om selfs die geringste aanduiding te kry hoe dit wat ons of ons geliefdes mag deurgaan ooit ons eie of hul lewens kan verryk.

Maar ons gee nie op nie, ons gee ook nie in nie!  Veral nie wanneer ons weet en bevestig:  DIE KRAG VAN DIE HEILIGE GEES IS IN MY, nie. Dis woorde hierdie waarmee ons ons doelbewus daaraan herinner dat ons Heer altyd met ons is, waar ons ookal mag wees, en wat ons ookal mag deurgaan, en dat Sy krag ook ons krag is.

Hy lei ons op weë wat veilig is, Hy beskerm ons en sien na ons om, elke oomblik van die dag en ook in die nag, en ons sê dankie vir Sy liefde so groot en wonderbaar!


Gebed:  Die krag van die Heilige Gees is in my!


~ Uit Daelikse Woord ~





No comments: