Saturday 26 November 2011




EK  IS


Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?  -  1 Kor. 3:16


Luister geliefde:  Ek is die één teenwoordigheid en die één krag in hierdie liggaamstempel.  Laat alles in jou en om jou getuig van hierdie waarheid.  Ek is die lig in hierdie denke, die liefde in hierdie hart, en die krag in hierdie liggaam – altyd daar!

Laat My lig gehoor word in die woorde wat jy spreek – woorde vol wysheid en begrip, vir jou en vir almal om jou.

Laat  my liefde gevoel word in die deernis waarmee jy andere benader – gesien word in jou onbaatsugtige dade en leefwyse.

Laat my krag gesien word in die moed en durf waarmee jy alles aanpak – die moed en en durf onderliggend aan alles wat jy doen en alles wat jy sê.

Leef in My lig, gee in My liefde, wees sterk in My krag, en jou lewe sal My lewe in jou weerspieël.  Wees lig, wees liefde en wees krag, want dit is wat Ek is in jou – altyd daar!


Gebed:  Met U in my en ek in U, ís ek Lig, Liefde en Krag!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: