Wednesday 16 November 2011




VERGEWE


Spreek vry, en julle sal vrygespreek word. – in Engels: Forgive and you will be forgiven.  – Luk. 6:37


Heer, met U liefde in my hart is ek nou gereed vir vergifnis, of dit nou vir my is of vir iemand anders.  Ek is maar ge gewillig om nou van al my griewe ontslae te raak.

Almal van ons maak foute, want niemand is volmaak nie.  Help my, Heer, om dit te onthou, wanneer ek dit moeilik vind om ‘n diep seer of teleurstelling te vergewe.

Gee my die insig en begrip om te besef dat ek uit elke aanval, reg hanteer in U liefde, geestelik al hoe sterker word in U krag.  As ek dan later terugkyk en sien hoeveel baat ek geestelik gevind het deur die teleurstelling, die onmin en die seer heen, word my daad van vergifnis soveel makliker – dit word uiteindelik omskep in ‘n dankgebed!  Dankie, Heer!

Wat is vir God belangrik?  Ons geestelike groei natuurlik.  En vir die sielegroei wat elke ervaring ons bied, sê ons dankie, en dan is daar niks om te vergewe nie!


Gebed:  Ek vergewe en ek word vergewe.  Dankie, Vader!


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: