Tuesday 15 November 2011




VOEL JY ALLEEN,  MOEDVERLORE, HARTSEER OF ONGELUKKIG?


Moet jou nie ontstel nie.  Bly maar net glo!  Mark. 5:36


Heer, vandag gaan my hart uit na elkeen wat alleen, verlore, hartseer en ongelukkig voel.  Laat U liefde op die wieke van my gebede vir hulle, hul hart en gemoed binnevloei, en elke leë plek so vol maak, dat hulle spontaan ontwaak tot die vrede en rus wat daar net by U te vinde is:

In U Heer, glo ek, en ontstel my oor niks nie, want ek weet waar U in beheer is, werk alles ten goede mee.  U vrede is my stok en my staf, en U wysheid lei my elke tree.  Op U pad van lig, veilig en beskut in U liefde, wandel ek voort van dag tot mooie dag.

Heer, ek weet U wandel elke tree van die weg saam met my, en ek hou my oë en my ore oop vir U leiding en lig – ek luister, ek glo en ontstel my oor niks, want ek weet – wanneer ek moeg is, is U krag daar vir my, ek moet dit net my eie maak. 

Wanneer ek begin twyfel aan my vermoëns, omskep U my gedagtes in lig-gedagtes en ek is tot alles in staat in U lig wat my denke verlig.  Soos ‘n liefdevolle ouer is U altyd daar vir my, en jubelend sê ek, Dankie, Vader!


Gebed:  In U Heer, glo ek, en ontstel my oor niks!


~ Uit Daelikse Woord ~



 

No comments: