Thursday 3 November 2011


DRYFKRAG


Laat daar Lig wees! – Gen. 1:3


Heer van my hart, laat daar Lig wees in my denke, in my hart en in my dade, lig wat my die krag gee om op te staan en te wees wat ek is in U.

Wees U die dryfkrag in my denke, sodat ek U lig-gedagtes wat in my brein posvat, en omskep word in lig-idees, met moed en durf kan toepas in my lewe.

Wees U die dryfkrag in my hart, sodat ek die liefde wat U is in my hart, kan uitleef teenoor my medemens in wat ek doen en wat ek sê.

Wees U die dryfkrag in my dade, sodat ek nie moedeloos tou opgooi wanneer dinge te lank sloer nie, maar aanhou met aanhou, oortuig daarvan dat dit wat ek doen, deur U geïnspireer word, en deur U beplan word.

Met U dryfkrag agter my, kan en sal ek in U lig, die wenner wees wat U so nodig het op hierdie aarde – die Ligmens wees wat U so nodig het om U lig, U liefde en U krag deel te maak van alles en almal wat leef op hierdie aarde.


Gebed:  Laat daar Lig wees!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: