Sunday 20 November 2011








‘N OPLOSSING


Ja, ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.  -  Jes. 43:19


Soms kyk ons na ‘n probleem waarvoor ons te staan gekom het, en sê moedeloos:  “Ek kan eenvoudig nie sien hoe dit kan uitwerk nie.”  Of waar dit iemand anders aangaan: “Ek weet nie hoe hy sy probleme kan oplos of sy verantwoordelikhede kan nakom nie.”  Dit beteken natuurlik ons kyk net na dinge soos dit vir ons op die oog af lyk – ons vergeet skoon om met die oë van ons siel te kyk.  Ons vergeet dat Hy wat werk daar waar ons nie sien nie, gereed is om ook hier te werk, ons moet Hom net nader in gebed en alles in Sy hande laat.  Hy sal oorneem, Hy sal alles wat verkeerd lyk reg maak.

Daar is nie een van ons wat nie weet van so ‘n probleem wat onoplosbaar gelyk het nie, en tog opgelos is, tot seën van elkeen by die saak betrokke.  Miskien het iemand tóg gebid, miskien het iemand tóg geglo in die wonderwerkende krag van God wat deur niks aan bande gelê kan word nie.

Ons moet net op ons hoede wees om nooit negatief te raak nie- om nooit te dink daar is geen oplossing nie.  By God is daar áltyd ‘n oplossing – áltyd ‘n weg!


Gebed:  Ek bid, ek glo, en U neem oor – dit weet ek nou!


~ Uit Daelikse Woord ~



No comments: