Saturday 28 November 2015

Troos









TROOS


Ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: U stok en U staf dié vertroos my. Ps 23:4 OV


My Heer vertroos my. Hy is my krag en my sterkte, my vrede en wysheid, te alle tye onder alle omstandighede. Selfs al gaan en deur die grootste uitdaging, ook daar sal sy seëninge my pad verlig, en ek weet verseker, alles dien slegs to my hoogste heil. Hy is met my, elke tree van die weg waarop ek my mag bevind.

Is die pyn baie diep, die teleurstelling baie groot, en ons smag na ‘n plekkie van stilte waar ons net ‘n bietjie kan rus – Hy is daar! Hy weet van die seer, Hy verstaan die teleurstelling, en in Sy liefde vou Hy ons toe. Sag en teer hoor ons Sy stem diep in ons wese: “Kom my geliefde kind, kom sit hier by My – laat my toe om jou wonde te genees met My salf van liefde, om die seer te versag met My lig wat wysheid en begrip bring, om met My krag ook jou krag tot oorwinning te wees. Kom, sit net hier by My.”


“Dankie, Vader. Ek weet nou – geen seer is te groot, geen teleurstelling te diep, geen uitdaging te duister, voor U heerlikheid, liefde en lig nie! Dankie, dankie, Vader!”


Gebed: Dankie Vader, vir die rus wat net U kan gee!



~ Daelikse Woord ~





Friday 27 November 2015

Die Almagtige God merk en reinig sy disspels









Skrifgedeelte: Openbaring 7
Fokusgedeelte: Openbaring 7:9-10


Die Almagtige God merk en reinig sy disspels


Ons moet kerk wees in ’n tyd waar dit moeilik gemaak word om kerk te wees. Vir die wêreld is die kerk se boodskap nie ’n gewilde een nie, daar is spot en verleiding. Daar mag erger vervolging wees. Een ding weet ons: Die Seun regeer met alle mag aan die regterhand van die Vader. Hy is die Lam wat waardig is om die seëls oop te maak. Hier maak Hy die sesde seël oop: ons kom in God se versekering dat wat sal gebeur, vas is in sy heerskappy, by die eindoordeel met die sesde seël. Die magtiges en rykes, ook die slawe en alle mense wat nie glo nie, kruip weg in grotte en onder kranse in die berge. Berge val op ons, heuwels bedek ons!

Die Here wat alle mag het, wys deur Johannes vir ons waar die kerk op daardie dag is: die 144 000 uit elke stam, die volle Ou-Testamentiese kerk, is gemerk en in veiligheid afgesonder. Ook ’n ontelbare menigte uit elke nasie, stam, volk en taal staan voor die Lam skoongewas. Hulle is die dissipels uit die groot opdrag, die gedooptes, rein gewas in die bloed van die Lam. Hulle weet wat dit beteken dat die Here Jesus gesê het: Ek is by julle al die dae ... Hulle roep uit: Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!

Die Lam sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog. As ons nie geweet en geglo het dat dit die uiteinde is nie, het ons nie vir die groot opdrag kans gesien nie. Nou is ons voorbereid, nie in die duister oor die waarom van alles nie. God, Almagtig, Skepper en Verlosser, is op die troon. Hy het sy Lam gestuur tot ons redding. Hy stuur ook alles na sý uiteinde toe tot ons redding.

Hierdie wete behels nou ook die bereidwilligheid om lewende offers te wees – getuies vir die wêreld, dienaars. Die merk en die skoongewas wees is nie maar net ’n stempel nie: Dit raak hart en siel, verander jou lewe. Jou kerkwees sal net dissipelskap wees wanneer jy nie jou wêreldjie in isolasie sien nie, maar God se toekoms voor jou en vir jou sien oopgaan, omdat Hy sy belofte hou en tot in ewigheid jou Here is.


Sing: Psalm 103:7, 8 (2001)
Ds. J (Jan) Malan (Burgersdorp)

*Gepos deur: Poppie Oosthuizen*





Wednesday 25 November 2015

Dink 'n slag na oor hoe kort jou aardse lewe eintlik is en maak van nou af ...








Elkeen van ons moet leer
om nie net te wéét dat ons
eendag gaan sterf nie,
maar dit begin *GLO* en die
regte keuses  daaromtrent
te begin maak terwyl ons nog leef.
Dink 'n slag na oor hoe
kort jou aardse lewe eintlik is
en maak van nou af die heel beste gebruik van die stukkie lewe wat jy oorhet
deur in die regte dinge te  belê,
*VERAL*
die dinge wat *GOD* aangaan!



Nina Smit



  God se Spierwit Klippies / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Tuesday 24 November 2015

Rots van my hart








Rots van my hart


God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.  -  Ps. 73:26 (OV)


Liewe Vader, laat my vandag só bewus wees van u teenwoordigheid en krag dat  NIKS my kan steur of ontstel nie.  Ú lig skyn hélder in my om my en in onsekerheid wys Ú helderblink lig vir my die pad aan.


Liewe Vader, laat my vandag só bewus wees van Ú liefde, dat ek die hele dag gekoester en vertroos voel.  Terwyl ek in U liefde rus, kyk ek na die wêreld met oë van liefde.  Ek gee liefde, en trek liefdevolle en gelukkige ervaringe na my toe aan.


Liewe Vader, laat my vandag so bewus wees van Ú krag dat ek nie één oomblik geïrriteerd of ongelukkig kan voel nie.  In U krag, styg ek bó hartseer uit.  Ek word vrygemaak van vrees, U krag en vreugde vul my.


Liewe Vader, laat my vandag so van Ú lewe en nabyheid bewus wees dat my hele liggaam die aanraking van u polsende lewenskrag kan voel.  Gevestig in U lewe voel is ek vol energie en lus vir die lewe.  Ek voel U ónveranderlike, éwige lewe binne-in my.  Ek word volkome deur Ú genees.


Gebed: Dankie Heer dat Ú die rots van mý hart is.



~ Daelikse Woord ~



  Jesus se Seunskind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Friday 20 November 2015

Die "ja" van God








Die “ja” van God


Lees 2 Korintiërs 1:17-22


 “Want Jesus Christus, die Seun van God ... is nie ‘ja’ en ‘nee’ tegelyk nie.  Hy is die ‘ja’ van God, die ‘ja’ op al die beloftes van God” (2 Kor 1:19-20)


Omdat Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy elke belofte van God in vervulling laat gaan.  Die hoogste vervulling van God se beloftes is die ewige lewe wat Hy aan ons gegee het – en dit was net moontlik deur die soenverdienste van Jesus.


Wanneer jy weer aan die betroubaarheid van God se beloftes begin twyfel, dink dadelik aan Jesus en kyk na die kruis op Golgota.  Die feit dat Jesus aan die kruis gesterf het sodat ek en jy vir altyd kan leef, is vir ons die klinkklare bewys dat God “ja” sê op elke belofte wat Hy aan ons gemaak het.


Here Jesus, ek loof U omdat U die “ja” op elke belofte van God is.  Dankie dat ek na die kruis kan kyk en kan weet dat die ewige lewe reeds myne is.  Amen




Nina Smit : Uittreksel uit  Die Groot Dagboek


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com









Wednesday 18 November 2015

You still have today








The Daily Motivator message for
Wednesday, November 18, 2015


You still have today 
by by Ralph Marston
Imagine it is tomorrow, you are looking back on today, and ask yourself this. What do you regret not doing?
Whatever it is, you have just given yourself the chance to avoid that regret. Because you still have today, and you can act today to avoid tomorrow’s regrets.
Too often we fail to realize how valuable something is until it is gone forever. Take this opportunity to remind yourself how valuable today is, while you still have it.
Even though this day is not perfect, there is plenty you can do with it. Even though there are frustrations, problems and disappointments, there are also a whole lot of positive possibilities.
You still have today, and with it you have the ability to solve the problems, to transcend the disappointments and to experience new joys. You can learn, laugh, love and live fully.
Today, while you still have it, you can make a difference in the way your life unfolds. Avoid the regrets of tomorrow by plunging fully into life and into action today.
© 2015 Ralph S. Marston, Jr.

From The Daily Motivator website at http://greatday.com/motivate/151118.html



Independence







Independence


I AM AN INDEPENDENT SPIRIT WITH UNLIMITED POWER.

I may have been born into challenging circumstances or run into difficulty along the way. Spirit gives me the inner resources to rise above whatever I face. I am free to think positively, act courageously, and soar like an eagle.
I value the ability to make decisions about matters that affect me. I use my spiritual powers to think and act in ways that benefit all. I have the power to do and be whatever I choose. I create the life of my dreams.
Attuned to Spirit, I am fearless and self-assured. I am confident and strong. I am an independent spirit and I am free.
The Lord will guide you continually, and satisfy your needs in parched places, and make your bones strong; and you shall be like a watered garden, like a spring of water, whose waters never fail.–Isaiah 58:11


Daily Word

Gevoel kom derde







Hemelse Vader,


Ek is so skaam dat ek my al weer blind gestaar het

op my gevoelens van moedeloosheid en depressie.

Leer my asseblief dat gevoel by U derde kom, Here.

Help my om van nou af net op U te fokus,

om in krisistye opnuut bewus te word

van u grootheid en almag.

Versterk my geloof en kom verseker my net weer

dat U my nooit sal verlaat nie,

dat U my liefhet en vir my sal sorg,

dat U altyd daar is om te help wanneer dit moeilik gaan,

dat U my sal dra en red soos U nog altyd

in die verlede gedoen het.

Maak my asseblief gewillig om geduldig op U te wag

totdat U my op u eie tyd en op u eie manier sal help.

Dankie dat ek weet dat niks my ooit van U kan skei nie

en dat U my hartseer in vreugde kan verander.

Doen dit asseblief vandag vir my.


Amen




Nina Smit : Liefde maak alles anders


  Dierbre Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com

Tuesday 17 November 2015

Vergewe








Vergewe


Wat is makliker?  Om te sê: “Jou sondes is jou vergewe,” of om te sê: “Staan op en loop”?  -  Luk. 5:23


As ek maar net nie daarin kan slaag om vir my malende gedagtes te sê, “Staan op en loop”, nie, omdat ek nie ‘n seer herinnering kan vergeet en ‘n ander of myself kan vergewe nie, het dit tyd geword om my tot my Heer te wend.  Net Hý kan my help om te doen wat ek nie uit my eie kan doen nie.  Net Hý kan my help om te vergewe.


God is krag, en in Sý krag binne-in my vergewe ek en gaan ek vry en bly voort op my pad van lig.


God is wysheid, en in Sý wysheid binne-in my, verstaan ek alles soveel beter, en dis soveel makliker om te vergewe.  My insig en begrip spoor andere ook aan om te vergewe en ‘n beter lewe na te streef.


God is liefde, en in Sý liefde ook in my, is ek liefdevol en vriendelik teenoor andere.  Hulle reageer daarop, en waar liefde en vriendskap aan die orde van die dag is, is daar vergifnis, en waar vergifnis is, kan álmal opstaan en loop.  Vry en bly, sonder énige lastige herinnering, staan ons op en ons loop!


Gebed:  Ek vergewe en ek staan op en loop!



Daelikse Woord




  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





Divine Order








Divine Order
I AM IN THE FLOW OF DIVINE POWER.

The philosopher Ralph Waldo Emerson once wrote about placing oneself “in the middle of the stream of power and wisdom.” As I turn to God within, I see divine order at work in my life. Cooperating with the divine flow, I am strong and wise. I do not create this stream of power—I simply participate in it, with a thankful heart.
At the beginning of my day, I establish order by focusing on an empowering spiritual truth. When I speak to others, I am positive and helpful. As I discover ideas to create greater outward order in my life, I take action. Then, as Emerson predicted, I am “without effort impelled to truth … and a perfect contentment.” I am in the flow!

There is a river whose streams make glad the city of God, the holy habitation of the Most High.–Psalm 46:4

~ Daily Word ~

Monday 16 November 2015

Lag en glimlag










Lag en glimlag help juis om die

spanninge van die lewe te ontlont

en om troeebel verhoudins te verhelder.

Die mens en die volk wat oor eie frustrasies,

tekortkomings en swakhede kan glimlag,

reageer nie net volwasse daarop nie,

maar berei ook die pad voor

vir oorwinning daarvoor.



Kenney O’Kennedy

God het mý lief! ღ









God het mý lief!



Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.  -  Ps. 34:5 (OV)


Wanneer ek begin bekommerd raak oor iets, gaan ek my diépste heiligdom van krag binne.  Ek soek my dierbáárste Heer op, vind Hom daar – waar Hy rééds op my wag - en plaas die las wat só swaar op my skouers rus net so in Sý vaderhande.  Hý wat die liefde self is, neem oor.  Daar kom rús in my gemoed, en ek besef opnuut hóé groots Sy liefde vir my wérklik is!


God het mý lief!    Hy praat met my in ‘n taal wat my síél verstaan, en die héérlike wete dat Hý in beheer is van my lewe en alles om my, bring rústigheid en vréde in my denke.


God het mý lief!    Al kan ek dit nie in soveel aardse woorde hóór nie, kom Sy boodskap van liefde hélder en dúídelik na my toe – en ek hoor Sy wóndersoete stem met my hárt en my verstánd.  ‘n Héérlike wete wat my dae móói en my lewe vól en rýk maak.


God het mý lief!    Géén probleem is onóórkomelik nie.  Géén bedreiging is groot genoeg om my met vréés en kómmer te vul nie.  Ál wat saak maak – die énigste ding wat saak maak – is dat Gód mý lief het en my nóóit sal begewe of verlaat nie!


Gebed:  Hóé wóndersoet die wéte - Gód het mý lief!   




Daelikse Woord Aangepas



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com