Thursday 12 November 2015

Moenie bang wees nie!








Moénie bang wees nie!


Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos.  -  Jes. 66:13 (OV)


Dit is nie nódig vir jou om báng of bekómmerd te wees nie, want kýk, Ek is *áltyd* aan jou sy – Ek hou jou hand *stýf* vas.  Wát ookal met jou mag gebeur, Ek is áltyd daar vir jou, áltyd gereed om jou op énige manier te help en by te staan.  Nóóit is jy én hulle wat vir jou na aan die hart is, alleen nie, want Ék is altyd mét jou én met hulle.


Jy is *ín* My hart, en Ék is in *jóú* hart.  Ontspán en laat Mý toe om jou tóé te vou in die éwige liefde wat van *hart*tot*hart* tussen ons bestaan.  In hiérdie liefde sal jy nóóit alleen óf onveilig voel nie.  Dié liefde wat Ék jou bied is nie soos dié wat die wêreld jou bied nie – dit is ‘n hémelse Liefde wat héél en reinig, en jou beskérm so ver as wát jy gaan.


Neem Mý krag en maak dit jóú éie.  Laat My tóé om jou deur híérdie ervaring te help, en deur énige uitdaging wat jy mag ervaar op jou lewenspad.


Stap sáám met My, vertróú My en maak áltyd, onder álle omstandighede, staat op , en ek sal jou die *rus en vrede* gee wat álle verstand te bowe gaan.


Gebed:  Kýk, ek lei jou op ál jou weë.




Uit Daelikse Woord Aangepas



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)


Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com






No comments: