Wednesday 28 January 2015

VRY





Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vry gemaak het.  -  Gal. 5:1  (OV)


Wat is ware vryheid?  Dit is die krag om sterk te staan in die krag van Christus wat in ons is.  Om, wanneer ons laat los en God laat oorneem, te weet Hy is aan die werk en alles is wel met ons.  Dit is ware vryheid.

Hoe heerlik bly maak die vryheid waarmee Christus ons vry gemaak het, my nie!

“Kom,”  hoor ek Sy sagte stem diep in my hart, “kom kyk hoe helder skyn My lig voor jou uit op jou lewenspad.  Maak oop jou oë en wandel vry en bly in hierdie helder stralende lig van dag tot mooie dag.

Kom, onstpan in My liefde wat altyd daar is vir jou.  Maak net jou hart oop, en My liefde sal dit tot oorlopens toe vul – genoeg vir jou en genoeg vir andere deur jou.  Maak dit jou nie vry en bly nie?  Vry van gevare, en bly omdat jy so vry is?

Kom, staan sterk in My krag, en jy sal vry wees – ‘n wenner op jou pad van lig!

Wees vry, wees bly, want kyk, Ek is hier!”


Gebed:  Dankie, Vader!  U maak my so heerlik vry en bly!


~ Uit Daelikse Woord ~


gepos deur:

Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Al die eer aan JESUS!
*Poppie Oosthuizen*

Saturday 24 January 2015

Glimlag






Die vrolike hart het gedurigdeur fees.  -  Spreuke 15:15 OV


Ons sê, oog omhoog en hand aan hand gaan ons blymoedig voort van dag tot geseënde dag – ons hou sommer gedurigdeur fees!  Maar wat van al die ander mense om ons?  Ons kan tog nie alleen fees vier nie?  Dan moet ons hulle ook opgeruimd en vrolik maak.  Hoe?  vra u miskien.  Daar is niks wat menseharte so aanraak as ‘n vriendelike glimlag nie.  Kom ons glimlag dan vandag!

Ons stralende glimlag wat in ons oë gesien word en ons hele gelaat ophelder,  *DÍT*  is die soort glimlag wat andere aanraak tot hulle nie anders kan as om saam met ons te glimlag nie.

Hoe gaan die deure tot vriendskap en liefde nie oop voor hierdie soort glimlag nie!  Hoe aangenaam die dag, want, in die woorde van ‘n digter, my hart glimlag glimlaggies vandag!  En hoe waar is dit nie -  die opregte glimlag wat liefde en vrede oordra, word gebore in die hart.  In ons hart weet ons dat God met ons is – en omdat ons dit weet, het ons hart alle rede om te glimlag, en het ons alle rede om vir die lewe te glimlag!


Gebed:  My hart glimlag glimlaggies vandag!


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Al die eer aan JESUS!

*Poppie Oosthuizen*

Sunday 18 January 2015

Vriendelikheid





As broers moet julle mekaar liefhê.  Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het somige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves.  -  Hebr. 13:1-2


Elke dag is ‘n nuwe dag met nuwe ervaringe, en kom ek in aanraking met verskillende mense.   Sommige mag aangenaam en vriendelik wees, terwyl ander weer nors en kortaf mag wees.   Afgesien van hoe andere vandag om my gaan wees, besluit ek nou en hier om in die liefde van Christus in my hart, deurgaans vriendelik, gasvry en hoflik te wees – die Christus in my gaan hulde bring aan die Christus in hulle, en al die liefde wat so vrygelaat word, gaan harmonie skep om ons.

Van Christus tot Christus gaan ons vandag saamleef.  Ons gaan elke oomblik omskep in ‘n mooi oomblik, ons gaan hierdie dag omskep in ‘n mooi, aangename dag, en sy lig al hoe helderder in en deur ons laat skyn.

Ek gaan my daarop toelê om vandag, môre en al die môres daarna, met ‘n lied in my hart elkeen wat my pad mag kruis, vriendelik, hoflik, gul en gasvry, te behandel.  Hoe heerlik is ons samesyn nie dan nie!  Hoe mooi die dag!


Gebed:  In  U liefde, Heer, is ek vandag ‘n omgee-mens.


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Al die eer aan JESUS!
*Poppie Oosthuizen*

Friday 16 January 2015

Geloof






Ek glo.  -  Markus 9:24


Heer, my hart jubel van vreugde oor die waarheid dat  U so na aan my is – ‘n waarheid wat niemand van my af kan wegneem nie.  Ek glo in U lig so helder, in my, om my, oor my en onder my, en deur my ook tot seën van my medemens.

Ek glo in  U liefde Heer, wat my hart vul met mededoë teenoor andere.  U liefde wat ons as Ligvriendekring saambind in ‘n band van gebed – U liefde en lig wat wysheid en insig bring vir my, vir ons land en wêreldleiers – wysheid en insig so bitter nodig in ons wêreld vandag.

Ek glo Heer in  U almag – U wat die hemel en die aarde geskep het en alles wat daarin is, in U almag glo ek ook sover dit my eie, my geliefdes en my volk se toekoms aangaan.

Ek glo Heer, en omdat ek glo, gaan ek sterk en vol moed voort in  U lig,  U liefde en krag, en ek sien  U lig helder skyn – ‘n baan van lig waarvoor geen donker wolk staande kan bly nie – ‘n baan van lig wat reik tot by  U troon.

Ek glo, Heer van my hart!


Gebed:  In U Heer glo ek!


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Al die eer aan JESUS!
*Poppie Oosthuizen*

Sunday 4 January 2015

Dagbreek





Dagbreek is die drumpel van hierdie nuwe jaar
-      die oop deur -
waardeur ‘n helderverligte pad my toewink.
Vol moed betree ek hierdie pad, want ek weet:
God gee nie aan my
bulte wat te steil is om te klim nie,
en Sy liefde bepaal
dat ek net een dag op ‘n keer hoef te leef,
net een tree op ‘n keer hoef te neem.
Ek laat los dus gister se verwyte – môre se vrese. 
Ek leef nóú en geniet elke oomblik daarvan.
My hart is gewillig, my gees is vol moed,
Want die lig van Gods liefde skyn op my pad.
Gebed is my stok en my staf –
geloof die skoene aan my voete.
Vanjaar loop ek nie alleen nie,
vanjaar loop ek saam met God –
een tree op ‘n keer!

~ Uit Daelikse Woord ~

Koningsdogters vir Jesus @ Facebook
Al die eer aan JESUS!
*Poppie*


Friday 2 January 2015

BEGIN VANDAG VAN VOORAF



Foto:  http://andrewchalmers.files.wordpress.com/2014/01/walk_away_by_iza87.jpg


Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens.  -  2 Kor. 5:17


Om te dink – een tree is al wat nodig is op die hoofweg van die siel!  En is dit nie presies waarop ons almal is nie – elkeen wat hierdie boodskappie lees en elke dag in die lig wandel – ‘n reuseskare van Ligvriende, almal hand-aan-hand saam via Facebook, Blogger,  Wordpress, epos, Twitter, Pinterest & Mixit en talle ander groepe op die hoofweg van die siel!  Wat ‘n ongelooflike voorreg, wat ‘n besondere eer om so saam met ander vriende, wat ook vir Jesus lief is, te kan handel en wandel in die lig van ons Heer.  Hoe wonderlik om saam te kan droom oor die dag wanneer ons almal saam met Hom sal wees in die Hemel en persoonlik met hom sal kan gesels en sommer net naby hom te kan wees!

Maar die wonder hou nie hier op nie!  Hy het ons verseker van Sy grootse liefde vir ons, Sy broers en susters.  Hy het ons verseker dat ons nie alleen hierdie dag in die vroeë  nuwe jaar betree nie, maar dat Hy elke tree saam met ons gaan wees.  Hoe kan ons ooit genoeg dankie sê vir ‘n liefde so groot?  Dankie, dankie dierbaarste Vader!

Here, U is my leidsman, my raadgewer en beskermer, en werk in en deur my om die dinge wat verkeerd lyk, reg te maak.  In U lig,  U liefde en krag wandel ek elke dag hierdie jaar vol moed net een tree op ‘n keer, en  U goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe.


Gebed:  In  U lig Heer, wandel ek een tree op ‘n keer.


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Al die eer aan JESUS!

*Poppie Oosthuizen*

Thursday 1 January 2015

CHRISTUS





Volg my.  -  Matt. 8:22


Net  *gister* het ons weer die geboorte van Jesus herdenk, en is Hy weer opnuut herbore in ons harte, en met Christus in ons harte en met Sy liefde in ons en om ons, het ons Hom geloof en geëer.

Sal ons dan in hierdie nuwe jaar wat vandag begin het, verder hulde bring aan die Prins van Liefde wat in ons harte woon?  Sal ons die riglyne wat Hy soveel jare gelede daargestel het, na die beste van ons vermoë toepas en uitleef?

Kom ons luister na wat Hy gesê het:  “Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte ... Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie ... Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand ... J moet jou naaste liefhê soos jouself ...”  Al hierdie dinge en nog veel meer, doen ons as ons Hom volg.


Gebed:  U Heer, is my Wegwyser!


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Al die eer aan Jesus!
*Poppie Oosthuizen*