Wednesday 28 January 2015

VRY





Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vry gemaak het.  -  Gal. 5:1  (OV)


Wat is ware vryheid?  Dit is die krag om sterk te staan in die krag van Christus wat in ons is.  Om, wanneer ons laat los en God laat oorneem, te weet Hy is aan die werk en alles is wel met ons.  Dit is ware vryheid.

Hoe heerlik bly maak die vryheid waarmee Christus ons vry gemaak het, my nie!

“Kom,”  hoor ek Sy sagte stem diep in my hart, “kom kyk hoe helder skyn My lig voor jou uit op jou lewenspad.  Maak oop jou oë en wandel vry en bly in hierdie helder stralende lig van dag tot mooie dag.

Kom, onstpan in My liefde wat altyd daar is vir jou.  Maak net jou hart oop, en My liefde sal dit tot oorlopens toe vul – genoeg vir jou en genoeg vir andere deur jou.  Maak dit jou nie vry en bly nie?  Vry van gevare, en bly omdat jy so vry is?

Kom, staan sterk in My krag, en jy sal vry wees – ‘n wenner op jou pad van lig!

Wees vry, wees bly, want kyk, Ek is hier!”


Gebed:  Dankie, Vader!  U maak my so heerlik vry en bly!


~ Uit Daelikse Woord ~


gepos deur:

Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Al die eer aan JESUS!
*Poppie Oosthuizen*

No comments: