Friday 16 January 2015

Geloof






Ek glo.  -  Markus 9:24


Heer, my hart jubel van vreugde oor die waarheid dat  U so na aan my is – ‘n waarheid wat niemand van my af kan wegneem nie.  Ek glo in U lig so helder, in my, om my, oor my en onder my, en deur my ook tot seën van my medemens.

Ek glo in  U liefde Heer, wat my hart vul met mededoë teenoor andere.  U liefde wat ons as Ligvriendekring saambind in ‘n band van gebed – U liefde en lig wat wysheid en insig bring vir my, vir ons land en wêreldleiers – wysheid en insig so bitter nodig in ons wêreld vandag.

Ek glo Heer in  U almag – U wat die hemel en die aarde geskep het en alles wat daarin is, in U almag glo ek ook sover dit my eie, my geliefdes en my volk se toekoms aangaan.

Ek glo Heer, en omdat ek glo, gaan ek sterk en vol moed voort in  U lig,  U liefde en krag, en ek sien  U lig helder skyn – ‘n baan van lig waarvoor geen donker wolk staande kan bly nie – ‘n baan van lig wat reik tot by  U troon.

Ek glo, Heer van my hart!


Gebed:  In U Heer glo ek!


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Al die eer aan JESUS!
*Poppie Oosthuizen*

No comments: