Sunday 4 January 2015

Dagbreek





Dagbreek is die drumpel van hierdie nuwe jaar
-      die oop deur -
waardeur ‘n helderverligte pad my toewink.
Vol moed betree ek hierdie pad, want ek weet:
God gee nie aan my
bulte wat te steil is om te klim nie,
en Sy liefde bepaal
dat ek net een dag op ‘n keer hoef te leef,
net een tree op ‘n keer hoef te neem.
Ek laat los dus gister se verwyte – môre se vrese. 
Ek leef nóú en geniet elke oomblik daarvan.
My hart is gewillig, my gees is vol moed,
Want die lig van Gods liefde skyn op my pad.
Gebed is my stok en my staf –
geloof die skoene aan my voete.
Vanjaar loop ek nie alleen nie,
vanjaar loop ek saam met God –
een tree op ‘n keer!

~ Uit Daelikse Woord ~

Koningsdogters vir Jesus @ Facebook
Al die eer aan JESUS!
*Poppie*


No comments: