Tuesday 26 September 2017

MOED







MOED


In God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie.  -  Ps. 56:12


Vol moed, met 'n wonderlike geheim in my hart, gaan ek hierdie mooi, nuwe dag, en al die dae hierna deur God aan my geskenk in.  Die geheim wat my só vol moed maak, wonder u miskien?  Die geheim is dat ek níé hierdie dag alleen hoef in te gaan nie.  My Heer, die Hemelkoning, is aan my sy, elke tree van die weg, en met *SÓ* 'n metgesel, vir  WIE  sal ek dan nog bang wees??


Wanneer ek deur die diepste duisternis sou gaan - Sý stok en sy staf die *vertróós* my!


As ek moeg, afgemat en totaal uitgeput is - na waters waar rus is, lei Hý my heen.  Hy *verkwík* my siel, en in Sý krag binne-in my staan ek stérk en gaan ek vrý en blý voort op my pad van lig!


As énige vrees dreig om my te oorweldig, sê ek vir myself: "Dit is  GÓD se wêreld hierdie en daar is *níks* wat ek hoef te vrees nie.  GOD is die ÉNIGSTE krag en die ÉNIGSTE teenwoordigheid in die heelal, en op  HÓM  vertrou ek!"


My mágtigste wapen is my gedagtes, en deur my gebéde en lewe-sprekende bevestigings hou ek hulle in Gods lig, en hou hulle my *vól* moed en durf op my pad van lig!


Gebed:  ALLEEN in U  my kosbare  HEMELSE  VADER, stel ek my vertroue!  In Jesus pragtige Naam.  Amen.


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook




 


Thursday 21 September 2017

BIETJIE MINDER AS 'N HEMELSE WESE










EK SAL JOU NOOIT VERLAAT NIE







Dankie,

Liewe JESUS,
vir U belofte
dat U my NOOIT
sal verlaat nie -
al draai almal
hulle rug op my,
sal U my steeds
LIEFHÊ
en op U HANDE DRA.
Ek weet ook, HERE,
dat U vir my die
regte maatjie sal stuur.
U weet hoe eensaam
ek is, veral as ek sien
hoe my skoolmaats omring
is met hul seunsvriende.
Ek sal bly bid en glo,
want ek glo met my
hele hart dat U *SAL*
voorsien op *U* tyd,
omdat ek U kind is.

Amen

 


U WOORDE IN MY







U  WOORDE  IN  MY
Nina Smit


As julle aan My verbind bly en my woorde 'n stewige vastrapplek in julle gekry het, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.  -  Joh. 15:7


HERE,


Hoe ryk en diep, hoe kosbaar en wonderlik
is die woorde van u Woord nie!
Hulle gooi 'n helder lig oor my lewenspad
en wys my hoe om te lewe.
Begrip van u Woord gee my insig en wysheid.
Ek wil graag aan U verbind bly
deur die woorde van u Woord.
Gee dat ek tyd sal maak vir daardie Woord
sodat u woorde 'n stewige vastrapplek
in my lewe sal kry
en hulle onlosmaaklik deel van my sal word.
Ek het u Woord lief, Here.
Oor u Woord is ek so bly
soos iemand wat 'n groot skat gekry het.
Die gebooie uit u mond is vir my waardevoller
as al die rykdom van die wêreld.
In die nag dink ek daaroor na.
Maak dit vir my moontlik om die riglyne
in u Woord nougeset te gehoorsaam.
Ek wil nou u belofte vir my neem:
As u Woord in my bly, mag ek vra nét wat ek wil
met die seker wete dat U dit vir my sal gee.
Dankie daarvoor!


Amen


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook




 


PASOP VIR VALS PROFETE







PASOP  VIR  VALS  PROFETE


Die wederkoms van ons Here
Neville Turley


Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit.  Matteus 24:36 


Deur die eeue was daar altyd mense wat aangevoer het dat hulle presies weet wanneer Christus weer gaan kom –sommige uit eerlike oortuiging, ander met duistere motiewe.
Jesus kom verseker weer. Sy wederkoms is 'n baie prominente tema in die Bybel en Christus self getuig dat Hy weer sal kom om te regeer. In sy woord verseker die Here ons baie duidelik dat Jesus weer sal kom, sonder om ons nuuskierigheid oor die presiese tyd wanneer dit gaan plaasvind te bevredig.
Daardie dag is versteek in die Raadsplan van God.
Jesus voorsien ook dat daar geen tekort gaan wees aan mense wat die liggelowiges gaan oortuig dat hulle presies weet wanneer Hy weer gaan kom nie.  Enigiemand, maak nie saak wie hy is nie, wat aanvoer dat hy die presiese dag en datum van die wederkoms weet, is 'n vals profeet. En dit kan ons sonder twyfel sê want ons het die woorde van Jesus self.
Een rede hoekom sommige Christene 'n obsessie ontwikkel om die dag van die wederkoms te bepaal, het te make met hulle ongeduld. Hoe bly 'n mens waaksaam as Hy na tweeduisend jaar nog nie gekom het nie?
Die antwoord is in ons vermoë om te kan onderskei tussen Jesus Christus se teenwoordigheid en sy wederkoms. Van die oomblik wat ons ons ons harte vir Hom oopmaak is Hy by ons. Regdeur ons lewens ondervind ons sy teenwoordigheid wanneer ons Hom aanbid, in sy woord, op die manier wat Hy ons versorg en op talle ander maniere.
Ons hoef nie die datum van die wederkoms te weet nie. Op die presiese tyd wat God bepaal het, sal Hy in al sy glorie weer kom. Dié wete behoort vir ons genoeg te wees om elke dag in afwagting op daardie wonderlike dag, ons Christenskap uit te leef.


Gebed: Almagtige God, skenk aan ons genade om geduldig te wag op die dag wat ons Verlosser, ons Here Jesus Christus, in al sy glorie weer sal kom. Amen


As Hý Weer kom / Facebook