Saturday 2 September 2017

GOD MET MY







GOD  MÉT  MY


Want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.  -  Jos. 1:9


God is met my as Krág.  Sy lewenskrag pols in my hart en vloei deur my are, en my liggaam word daardeur genéés, hernú en verstérk.  Ek is lewenslustig en vól energie!


God is met my as Líéfde.  Sy liefde vúl my hart.  Dit vloei deur my en skep harmonie en vrede tussen my en almal én alles wat my lewe aangaan.  Wýer en wýer kring híérdie grootse liefde uit, tot seën van my geliefdes én tot seën van my wêreld.


God is met my as Líg.  Sy lig skyn hélder in my denke, en seën my brein met lig-gedagtes en die intelligensie om die lig-gedagtes te omskep in lig-idees wat ek kan toepas in my lewe, om so ook mý deel te doen om Sý Plan van Liefde en Lig vir die aarde te laat seëvier.


Met my Heer mét my is ek 'n wenner op élke gebied van my lewe - 'n wáre kind van die lig, só nodig op hierdie aarde vandag, waar die duisternis so hard probeer om die oorhand te kry ...


Dánkie, Heer van my hart, dat U áltyd so *mét* my is!


Gebed:  U en ek, Heer, tesame is ons 'n Wenspan!  Ek dank en loof U wonderlike Naam,  Amen.


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook




 


No comments: