Thursday 21 September 2017

PASOP VIR VALS PROFETE







PASOP  VIR  VALS  PROFETE


Die wederkoms van ons Here
Neville Turley


Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit.  Matteus 24:36 


Deur die eeue was daar altyd mense wat aangevoer het dat hulle presies weet wanneer Christus weer gaan kom –sommige uit eerlike oortuiging, ander met duistere motiewe.
Jesus kom verseker weer. Sy wederkoms is 'n baie prominente tema in die Bybel en Christus self getuig dat Hy weer sal kom om te regeer. In sy woord verseker die Here ons baie duidelik dat Jesus weer sal kom, sonder om ons nuuskierigheid oor die presiese tyd wanneer dit gaan plaasvind te bevredig.
Daardie dag is versteek in die Raadsplan van God.
Jesus voorsien ook dat daar geen tekort gaan wees aan mense wat die liggelowiges gaan oortuig dat hulle presies weet wanneer Hy weer gaan kom nie.  Enigiemand, maak nie saak wie hy is nie, wat aanvoer dat hy die presiese dag en datum van die wederkoms weet, is 'n vals profeet. En dit kan ons sonder twyfel sê want ons het die woorde van Jesus self.
Een rede hoekom sommige Christene 'n obsessie ontwikkel om die dag van die wederkoms te bepaal, het te make met hulle ongeduld. Hoe bly 'n mens waaksaam as Hy na tweeduisend jaar nog nie gekom het nie?
Die antwoord is in ons vermoë om te kan onderskei tussen Jesus Christus se teenwoordigheid en sy wederkoms. Van die oomblik wat ons ons ons harte vir Hom oopmaak is Hy by ons. Regdeur ons lewens ondervind ons sy teenwoordigheid wanneer ons Hom aanbid, in sy woord, op die manier wat Hy ons versorg en op talle ander maniere.
Ons hoef nie die datum van die wederkoms te weet nie. Op die presiese tyd wat God bepaal het, sal Hy in al sy glorie weer kom. Dié wete behoort vir ons genoeg te wees om elke dag in afwagting op daardie wonderlike dag, ons Christenskap uit te leef.


Gebed: Almagtige God, skenk aan ons genade om geduldig te wag op die dag wat ons Verlosser, ons Here Jesus Christus, in al sy glorie weer sal kom. Amen


As Hý Weer kom / Facebook






 


No comments: