Saturday 9 September 2017

ÁLTYD BY MY







ÁLTYD  BY  MY


En onthou: Ek is by julle al die dae. - Matt. 28:20
 

 
Áltyd by my!  Híérdie besef en versékering bevrý my van vrees. Gods líéfde omring en omvou my soos ‘n mántel van beskerming. Hy is *bý* my wáár ek ookal is en in wátter situasie ek my ook al mag bevind!

 
Áltyd by my!  My Héér is altyd by my. En ék is altyd by Hom. Omdat ek *dít* weet, kán ek die lewe vól selfvertroue tegemoetgaan. Wanneer daar van my verwag word om op uitdágende en geváárlike weë te gaan, tree ek *móédig* en *dápper* op, ómdat ek weet dat ek  nie vir 'n énkele oomblik alleen is nie!

 
Áltyd by my!  Ek *vóél* Gód se teenwoordigheid aan as líéfde, líg, krág, ‘n gevoel van vréde en gerússtelling in my lewe. Dáárom is vrees *nóóít* deel van my lewe nie, want my dierbare Heer se hande skulp my toe met Sý *éwige* beskerming!

 
Gebed: Dánkie dierbare, Hemelse Vader, dat U my *nóóit* alleen laat nie, maar *áltyd* by my is, gereed om my soos vir 'n babatjie, in Ú beskermende hande te vang as ek sou val.  By *Ú* is ek *viréwig* veilig!  Ek lóóf en dánk U in Jesus Naam!  Amen.

 
~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook


(Hierdie boodskappies is beskikbaar via epos (poppieoosthuizen@gmail.com) óf WhatsApp - stuur my net u Naam en Van en WhatsApp Nommer na  079 32 45 45 6.)


 


No comments: