Monday 4 September 2017

TRANE VAN BLYDSKAP








TRANE VAN BLYDSKAP


Dierbare Mamma,

Moet nooit jou gebede
vir jou kinders tot die Heer
onderskat nie!
Bly op daardie knieë,
jy mag dalk soms wonder,
Here doen ek dit nie as
'n roetine gebed -
elke dag dieselfde storie nie,
want jy sien nie iets daadwerkliks
of selfs wonderbaarliks
gebeur nie ....
Maar ons Hemelse Vader
wil hê dat ons gelowig en
vol vertroue moet VOLHOU
om ons gebede tot HOM
te bid.
Ons mag maar aanhou om aan te hou
om dieselfde smeekgebed tot Hom te bid -
Hy sien ons erns en ons
uithouvermoë en dan ééndag
maak Hy die sluise van die
HEMEL S
Ó wawyd-oop dat jy
STOMVERBAAS daarvoor staan.
Somtyds SOVEEL meer as wat
jy *OOIT* sou kon dink moontlik wees
met al die wonderlike seëninge
uit Sy Vaderhart!
So bly volhard met julle knie-werk
wat die tekortkoming of probleem
ookal mag wees.
Onthou wanneer jy jou knieë buig,
buk jou Hemelse Vader laag af
na JOU toe!
Die deur waaraan jy wou gaan klop,
was toe al die tyd
VADERGOD se OOP DEUR!!!!!
HY het geduldig net gewag vir JOU!


© Poppie Oosthuizen - Dankie Hemelse Vader!


Mamma / Mummy / Facebook.



No comments: