Sunday 10 September 2017

EK HET JOU LIEF







EK HET JOU LIEF


Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. – Matt.22:39


Hier is uitstekende raad as jy in die geselskap van mense is van wie jy nie hou nie, en wat jou irriteer:


Seën hulle totdat jy hulle liefhet.  Deur ander te seën (lees Matt.5:44), beroep ons ons op die goedheid van God.  As hierdie goedheid in
onsself en in ander na vore kom, kom liefde vanself tot stand. Dan hou ons van ander en hulle voel dit aan terwyl hulle op hul beurt toegeneë teenoor ons voel.


Elke persoon in ons lewe is daar sodat ons ’n seëning met hom of haar kan deel. ’n Negatiewe houding of handeling kan die seëning wat die Here deur ’n persoon in ons lewe wou bring, verlore laat raak. Ons kan tereg ’n lewensmaat of ’n vriend kies, maar ons kan nie diegene uitkies deur wie ’n seëning moontlik na ons toe kom nie. Die Here beperk nie die goeie in ons lewe tot ’n paar mense nie. Hy gebruik baie mense, hetsy individue of groepe, om ons lewe met die goeie aan te raak en te verryk.


Om te alle tye die goeie te laat geskied, moet ons ander seën en
deur hulle te seën vind ons die goeie in hulle en leer ons om hulle lief te kry.


Gebed: Ek het my naaste lief.  Ek het myself ook lief.


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook

 


No comments: