Sunday 17 September 2017

VOLG MY










VOLG  MY


"As iemand My wil dien, moet hy  MY  volg;  en waar  EK is, daar sal my dienaar ook wees.  As iemand  My  dien,  sal die  VADER  hom eer."  -  Joh. 12:26


Ek volg  CHRISTUS  op die weg van vergifnis.  Daar is niemand en niks, óók nie myself nie,  wat ek in my gedagtes *níé* vergewe het nie.  Ek vergéwe en wórd vergewe.  Ek volg  CHRISTUS  op die weg van vergifnis en ÁLLE duisternis in my lewe verdwyn.


Ek volg  CHRISTUS  op die weg van liefde - liefde wat nie foutvinderig is nie, maar *nét* vríéndelikheid en wármte uitstraal na ander toe.  Ek volg  CHRISTUS  op die weg van liefde en *líéfde* verander my  HELE  lewe.


Ek volg  CHRISTUS  op die weg van begrip.  CHRISTUS  *ín* my gee my geestelike insig deur Sy Heilige Gees.  Ek kyk deur dit wat "skyn" te wees - en sien net *dít* wat móói en goed is in die harte van ánder.  Vriendelike woorde én dade is my EERSTE  reaksie op alle moeilike omstandighede.


Ek volg   CHRISTUS  op die pad van VERGIFNIS,  LIEFDE  en BEGRIP, en  NUWE  lewensvreugde vul my siel.


Gebed:  Ek volg  CHRISTUS op weg van vergifnis en liefde en  SY kleed van LIEFDE omvou my! Dankie Jesus dat *Ú* troue sorg my *nóóit* verlaat nie.  Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook







No comments: