Tuesday 19 September 2017

WÊRELDVREDE







WÊRELDVREDE


God, ons God, het ons geseën.  -  Ps. 67:7


Hoe kan ek tot seën wees vir hierdie die wêreld?


Ek kán 'n prentjie in my gedagtes skep, waarin *álle* mense dwarsdeur die wêreld in vréde en hármonie met mekaar saamleef.  Ek skep die prentjie helder en duidelik, en plaas dit bo-óór  alle negatiewe berigte wat dit mag benadeel.


Ek "síén" hoe mense mekaar weer vertrou en in líéfde saam leef en werk, en só groot dinge tot seën van die hele mensdom tot stand bring.


Ek "síén" hoe die mense hul úíterste bes doen om die stukkende wêreld weer heel te maak en te red, en die dinge wat rééds verwoes is, weer óp te bou.  Ek "síén" 'n núwe wêreld, waarin die natuur nie nét oorleef nie, maar ook blóm in 'n wónderskone tuin wat die héle wêreld versier.


Hierdie visioen van my is nie nét 'n droom nie - miskien wel op *híérdie* stadium - maar dit *kán* 'n werklikheid word as élkeen van ons ópreg uit die díépte van ons harte tot GOD bid en Hom in beheer plaas van híérdie wêreld waarin ons nou tydelik kan woon, deur gehóórsaam te wees aan HÓM, ons sóndes te laat staan en weer terúg te keer na Hom!


Hier waar ek woon, doen ek nederig  mý deel  en ek wéét en gló dat vredeblommetjies weer sal begin blom.


Gebed:  Ek bid en help só om 'n wêreld van vrede en liefde te skep.  Amen.


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook





No comments: